Wyngilde kuier weer

Wyngilde kuier weer

Gansbaai Courant

Om met twee uitstekende wyne, Chip off the Old Block Sauvignon Blanc en Ondine Malbec, verwelkom te word, kan net groot genot vir ‘n wynproe-aand beteken.

Gansbaai Wynproegilde se voorsitter, Theuns Roodman, het formele sake vinnig afgehandel en Steve Serbon het die aanbieder, Andre Rheeder van Ormonde Privaat Wynkelder aan die woord gestel.

Die wynplaas en -kelder van die Bassonfamilie is in die Weskus by Darling geleë, met die natuurskone wynstreek wat oor sowat ses honderd fynbosspesies beskik.

Andre het egter op die doel van die aand - wynproe - gefokus. Hy het afgewyk van die “normale” en tydens die voor-gereg, ete en nagereg telkens ‘n wit- en ‘n rooiwyn vir proe en beoordeling aangebied.

Die volgende wyne is deur die gaste geproe en beoordeel:

Ondine Semilolon (2014), Ondine Pinot Noir (2015), Chip off the Old Block Chenin Blanc (2015), Chip off the Old Block Cabernet Sauvignon (2014), Ormonde Chardonnay (2013) en Ormonde Shiraz (2014).

Die onderskeie wyne is goed ontvang, met goue toekennings wat bykans deurgaans toegeken is.

Een van die klub se wynkenners het die opmerking gemaak dat dit een van die beste wynproe-aande in die afgelope twee jaar was.

Die Great White House se sjef, Chris Pead, se disse was onverbeterlik en professioneel voorberei, selfs met ‘n spesiale glutenvrye ete wat ingesluit was.

Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Wyngilde kuier weer

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant