Bietoubossers leer oor afval

Bietoubossers leer oor afval

Gansbaai Courant

Een dag per maand behoort aan die gesellige groep dames van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders.

Hulle kom in die Kleinsaaltjie van die NG Kerk bymekaar, maar nie om sommer net te “klets” nie.

Daar is altyd ‘n interessante spreker of ‘n praktiese aanbieding deur ‘n kundige, maar nie sonder verleidelike verversings en lekker saamkuier nie.

Tydens hulle byeenkoms op 12 Julie vanjaar, was die korrekte bedryf van ‘n Munisipale Stortingsterrein aan die beurt, ingesluit ‘n paar nuttige wenke wat tuis toegepas kan word.

Hierdie aanbieding is deur Johan van Taak, Vaste Afvalbestuurder: Overstrand Munisipaliteit, behartig.

Die dames het verneem dat die korrekte bedryf van ‘n stortingsterrein volgens wet moet geskied, asook die koste om elke keer ‘n nuwe sel te bou waarin vullis begrawe word.

Die belangrikheid van herwinning is: Lugspasie word by die stortingsterrein gespaar; werk word geskep; vervoerkoste word bespaar deurdat minder afval na stortingsterreine vervoer word.

Die dames het ook verneem dat daar twee houers by die stortingsterrein is:

Een vir  alle ou rekenaars en elektriese ware en een vir huishoudelike gevaarhoudende stowwe soos gif, batterye en langleef gloeilampe.

Plaaslike besighede is ook in hierdie proses behulpsaam: Gebruikte buisligte en gloeilampe kan by Gansbaai Elektries ingedien word; ou batterye by Studio Jo Signs; medikasie wat verval het by Gansbaai Apteek.

Die dames is ook aangemoedig om omgewingsvriendelike sakke vir inkopies te gebruik om plastiek-besoedeling te beperk, veral met die oog op oseaanbesoedeling.

Daar moet ook twee keer gedink word voordat artikels op die ashoop gegooi word - dit kan dalk deur iemand anders benut word.

Die Bietoubossers het net weer besef dat die koste om afvalbestuur reg te bedryf groot is en dat elke inwoner met die munisipaliteit moet saamwerk om die pragtige natuurskoon te bewaar.

Daarna is die gebruiklike verversings voorgesit en kon gesprekke met Johan aangeknoop word – met dankbaarheid dat dit nie in hierdie omgewing nodig is om oor dienste te toi-toi nie.

As gevolg van die vakansiedae sal daar nie in Augustus ‘n Bietoubosbyeenkoms wees nie, maar eers weer op 13 September.

Elizma de Lange kan by 028-384-1963 vir inligting gekontak word.

Bietoubossers leer oor afval

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant