Seevisserye se Johnny - dankbaar oor 40 diensjare

Seevisserye se Johnny - dankbaar oor 40 diensjare

Gansbaai Courant

Om met veertig diensjare by dieselfde instansie te spog, is nie almal beskore nie. Gansbaai Seevisserye se Senior Visinspekteur,  Johnny Robertson (63), kan wel.

‘n Langdienssertifikaat vir sy veertig jare van volgehoue en getroue diens is onlangs aan hom oorhandig - netjies geraam - en dit pryk trots bokant sy lessenaar.

Hy vertel dat hy spesiaal na Nelspruit, Mpumalanga op 14 Julie vanjaar gevlieg is vir die oorhandiging van die sertifikaat tydens ‘n spesiale geleentheid.

Johnny is op 3 Oktober 1975 na Gansbaai verplaas, waar hy steeds werksaam is.

Hy is met Gertram (Girly)  getroud en die egpaar het drie dogters, vyf kleinkinders en twee agterkleinkinders.

Hy sê sy grootste dankbaarheid is eerstens teenoor sy Hemelse Vader wat hom oor soveel jare gespaar het. Tweedens is hy vele dank aan sy eggenote verskuldig wat hom oor al die jare heen getrou ondersteun het, ondanks onmoontlike ure wat hy gereeld moes werk.

Johnny beplan om oor twee jaar in die ouderdom van vyf en sestig af te tree, waarna hy drie en veertig diensjare agter die rug sal hê.

Seevisserye se Johnny - dankbaar oor 40 diensjare

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant