Is dit die wil van die HERE?

Is dit die wil van die HERE?

Gansbaai Courant

“So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is....laat U wil geskied...”  (Mat. 6:9,10)

“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat GOD julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.(Rom 12:2) 

In die samekoms van ons manne Bybelstudiegroep Dinsdagoggend het die vraag weer op die tafel kom lê: Hoe weet ek wanneer ’n saak die wil van GOD is of nie? Hoe hoor ek die stem van die HERE in ’n belangrike besluit of saak? Wat by baie Christene groot verwarring of onsekerheid bring is dat sommige gelowiges maklik sê: “Die HERE het vir my gesê/gewys/openbaar.....” Vir die meeste van ons is die stem van die HERE stil.....of hoor ons Hom nie só duidelik nie.

In die Ou Testament het die gelowiges as hulle wou weet wat die wil van die HERE is na die priester gegaan by die tempel en Hy het GOD namens hulle geraadpleeg. In die woestyn het GOD aan hulle in ’n wolkkolom verskyn.

“Elkeen wat na die wil van die HERE wou vra, het na die tent van ontmoeting buite die kamp gegaan. .....en dan het die HERE met Moses gepraat.” (Eks. 33:7-9)  Dit klink so maklik, nê!

Tog het hierdie volk só ongehoorsaam teenoor GOD geraak dat GOD se stem al stiller geword het.

In die Nuwe Testament het GOD deur Sy Seun Jesus met ons kom praat.

Jesus leer ons dat GOD se wil moet geskied (Mat. 6:10)  en ook dat ons die wil van Sy Vader kan ken deur eerste van alles die koninkryk van GOD,  en Sy wil,  te soek. Ook dat ons die Vader moet vra as ons iets nodig het. (Lees Matteus 6: 33; 7:7.) Dit klink asof dit net nodig is om te glo en te vra – en jy sal die wil van GOD ken. Hoekom bly ons dan nog onseker oor GOD se wil?.

Daarom het GOD toe besluit om binne-in ons lewe te kom woon deur die Heilige Gees. (Joh. 14:26) Dit is juis die Heilige Gees wat in ons harte werk en ons tot geloof bring in Jesus. (vgl. 1 Kor. 12:3) Wanneer ons bid tree die Heilige Gees direk vir ons by GOD in. Hy pleit volgens GOD se wil vir ons (Rom. 8:26,27)  Elke keer wanneer ons in geloof tot GOD oor ’n saak bid, kan ons verseker wees dat die Heilige Gees vir ons by GOD intree.

Om GOD se wil te ken en om Sy stem in ons lewe te hoor is nie moeilik  nie. 

Gee jou hele lewe (jou hart, siel en verstand) aan GOD oor (Rom 12:2 hierbo) en bly  soos ’n kind glo dat GOD se wil, sal geskied.

Die een gelowige hoor GOD se stem duidelik, die ander glo GOD alles sal ten goede uitwerk (Rom 8:28) en alle gelowiges sal weet; GOD is in beheer – en waar ons in gehoorsaamheid lewe – daar geskied Sy wil.

Is dit die wil van die HERE?

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant