Biblioteek wen Courant se blokraai

Biblioteek wen Courant se blokraai

Gansbaai Courant

Overstrand Biblioteek wen vandeesweek die boekprys vir  Blokraai nr. 236.

Ons dorp se jong lesers kan gerus die twee boekies in die kinderboekreeks: Z is vir Zackie gaan uitneem.

Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook ‘n leesreeks, perfek vir beginnerlesers.

Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak.

Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeilikheidmaker Anton  en die kwaai buurvrou, mevrou Langenhoven, maak dit hope pret om te leer lees!

Die titels van die twee boekies wat die biblioteek wen is Die rowwe resies en Die paddapoets.

Oor die skrywer

Met topverkopertitels soos My ouma is 'n rock-ster, Superheroes vlieg net saans en Wiskunde gee my maagpyn agter sy naam, is dit g’n wonder nie dat Jaco Jacobs een van die gewildste, veelsydigste en mees bekroonde kinderboekskrywers in Afrikaans is. 

Sy boeke vir jong lesers is propvol aweregse humor, gruwelike grilgoed en wilde avonture.

Jaco het reeds meer as 100 boeke die lig laat sien en meer as 650 000 kopieë van sy boeke is reeds verkoop.

Afgesien van die kinderboeke, skryf  hy ook rubrieke, tydskrifartikels, ‘n kinderboekblog en hy het reeds meer as 250 boeke in Afrikaans vertaal.

Jaco het in die Karoo grootgeword, maar woon deesdae in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, hul dogtertjies, Mia en Emma en drie honde Pippie, Binki en Otto.

Z is vir Zackie-boekies is beskikbaar by Lapa Uitgewers.  Besoek gerus hul webblad:  www.lapa.co.za

Biblioteek wen Courant se blokraai

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant