Black Leaves beïndruk teen Hawston

Black Leaves beïndruk teen Hawston

Gansbaai Courant

Hawston, wat die oorheersende span in die onlangse rugbywedstryd teen Black Leaves was, moes “bloed-sweet” om uiteindelik met 27-22 te wen.

Black Leaves se aanvallende spel het vele geleenthede geskep om Hawston te laat rondskarrel, maar hulle rotsvaste verdediging het die deurslag gegee.

Hawston het die Baai deurentyd aangevat met hul meer dominerende voorspelers en sodoende Black Leaves se verdediging getroef om vir die druk van drieë deur te bars.

Met die Hawston-wedstryd het Black Leaves getoon dat hulle nou die regte “temperatuur” bereik het om vas te staan onder die druk van groot spanne.

Die afrigters, Gordon en Lalla, kan hieruit vertroue kry dat hul span met die oorblywende vyf wedstryde hul ondersteuners se harte warm sal laat klop, maar dan sal hulle moet uithaal en wys om hul voorsprong en tellings te handhaaf.

Hulle is nog nie ‘n “een onder kombers” span nie, met nog te veel veranderings, maar andersins ‘n goeie kombinasie.

Gogga (vleuel) het goed gedoen met sy twee pragdrieë en ‘n derde wat hy gemis het. Divvy se skopskoen het hom nie in die steek gelaat nie en hy palm twaalf punte in, maar hy het sy skopskoen te gou weggepak met twee mislukkings pale toe.

Gesien vanuit die uiteensetting van die dag se punte, moes Hawston stil wees, maar daar was ‘n eindfluitjie (Hawston eerste): 5-0, 5-3, 5-6, 5-11, 12-11, 17-11, 22-11, 22-14, 27-19 en 27-22.

Botrivier moet homself gereed maak vir Saterdag, 6 Augustus op Gansbaai se tuisveld. Bradwill, Triston en (Sampie, waar is jy?) kan nou stabiliteit terugbring.

Black Leaves se ander twee spanne trap behoorlik klei en verloor altwee hul wedstryde met 0-28, maar kan steeds terugdraai en sake verander.

Carlo Pieters in die tweede span as vleuel word as pure yster beskou en behoort eersdaags sy staal te wys. Kosie Davids kom ook nog gereeld heel anderkant uit en het sommer uitgehaal vir die dag se wedstryde.

Jesley en Jeremy Titus is ‘n lus vir die oog op die veld met hul dinamiese spelpatroon. Justus sal ook iets na die spel moet terugbring, waartoe hy wel in staat is.

Greg is nou besig om die kluts kwyt te raak en sal sy sokkies moet optrek, met Braampie wat ook nie ingee nie.

So sê Bra “G”

Black Leaves beïndruk teen Hawston

So Sê Bra G

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant