Werner vang roofvis in Natal

Werner vang roofvis in Natal

Gansbaai Courant

Die bedrewe jong Gansbaai hengelaar, Werner van Zyl het onlangs  aan die nasionale junior roofvis toernooi in Shelley Beach deelgeneem.

Uit die tien o/19-spanne het die WP span (Werner se span) 6 de geëindig.

Sy spanmaats was Bradley Bartlett (kaptein) van Gordonsbaai en Jared Zurnamer (Cape Boat klub).

Die span se eerste dag was  rampspoedig toe hul  boot, “Father Time” se motor seergekry het.  Hulle moes ‘n hele drie ure inboet en “lyne op” het reeds 12:00 plaasgevind, in plaas van 14:00.  Hulle was genoop om leëhande terug te keer.

Dinsdagoggend het ‘n pragtige dag op hulle gewag en hulle was reeds 06:00 saam met die ander bote uit.

Hulle het beter geluk gehad op die boot  “Ignobillis”. 

Jared het ‘n kawa-kawa ingeweeg van 6.4kg en Werner ‘n geelvintuna van 9.8kg.  Werner se tropiese geelvis was ondergewig en het dus nie getel nie.

Op die derde dag het al drie hengelaars geelvintuna bo 6kg ingeweeg.  Hulle boot was “Watt 4” en dit was ‘n lieflike dag op see.

Met “Aqua-Holic” op dag 4 het hul geluk gedraai en met ‘n geelvintuna van 8.6kg wat Bradley uitgetrek het, het hulle van die sesde, na die vyfde posisie opgeskuif – slegs 15 punte verskil van die span wat in die derde posisie gelê het.

Dag vyf op “Lady Ace” het Werner ‘n natalsnoek van 3,4kg uitgetrek en dit was ook die enigste vis wat ingeweeg is.  Dit was die eerste keer in twee jaar dat ‘n natalsnoek tydens ‘n kompetisie ingeweeg word.

Die swak dag het die span terug gegooi na die sesde posisie.

Die vangste was vanjaar oor die algemeen swak. ‘n o/16 junior van Gauteng het die swaarste vis ingeweeg - ‘n geelvintuna van 18kg.

Bodemviskompetisie

Overberg Bootklub bied vir die vyfde keer die Inter-provinsiale Bodemvis-kompetisie aan oor vier dae, vanaf Dinsdag 9 Augustus.

Twee Gansbaaiers, Werner en Christof Dahl neem saam met Stefano Baschera van Gordonsbaai deel as die WP Juniorspan,

Chris Fourie en Amanda van Staden van Overberg Bootklub neem onderskeidelik in die WP-Senior en damespan deel.

Werner vang roofvis in Natal

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant