Elfjarige vreesloos agter stuur

Elfjarige vreesloos agter stuur

Gansbaai Courant

Die elfjarige Charl Eksteen, ‘n Graad 6 leerling van Gansbaai Laerskool, het in sy eerste stampmotor (Stock car) seisoen vier trofeë ingepalm.

Charl se prestasies in die Austin Mini stampmotor by Bredasdorp Motorklub was uitmuntend:

Trofeë ontvang: wisseltrofee vir sy derde plek; wisseltrofee as jongste bestuurder; wisseltrofee as die beste presteerder.

Die stampmotorseisoen strek vanaf September 2015 tot Junie 2016, wat dus beteken dat Charl maar tien jaar oud was toe hy vir sy eerste seisoen begin bestuur het.

Sy groot liefde (en vreesloosheid!) vir hierdie sport kom ‘n ver paadjie. Sy oorlede pa, JP Eksteen het vir sowat vyf jaar aan die sport deelgeneem voordat hy vier jaar gelede oorlede is.

Charl se oupa, Anton Eksteen het self ook vroeër jare stampmotors gery.

Met hierdie seisoen se prestasies in gedagte, staan Charl beslis sy pa en oupa se skoene vol en vloei stampmotorresies beslis in sy are.

Hy sê hy sien baie uit na die volgende seisoen en bedank graag sy ondersteuners en borge.

Elfjarige vreesloos agter stuur

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant