De Coning vat Wyk 2 met grasie

De Coning vat Wyk 2 met grasie

Gansbaai Courant

Gansbaaiers het net weer bewys waar hul prioriteite lê wanneer dit by die verkiesing van goeie leiers  kom tydens die pas afgelope verkiesing. 

Wyk 2, waar Riana de Coning as DA Raadslid gestaan het, het stof  in die oë van die ander partye geskop.

Wyk 2 bestaan uit Birkenhead, Kleinbaai, Klipfonteyn 2, Blompark, Gansbaai en De Kelders en het drie verkiesingstasies gehad.

By Kleinbaai Stemlokaal was die uitslae soos volg: DA - 425; ANC - 25; VF- 6.

By Pretoriussaal: DA -1 656; ANC - 18 en VF - 18.

By Blompark Gemeenskap-saal: DA - 394; ANC - 392 en VF - 0.

Die Proporsionele stem, asook die  Distrikstem het met enkele stemme na die een of ander kant verskil van die bogenoemde uitslae vir die wykskandidaat.

Riana het haar tevredenheid en blydskap uitgespreek  oor die plaaslike verkiesingsuitslae in haar wyk.

Die feit dat daar van die begin van die verkiesingsveldtog klem gelê is op die belangrikheid van elke landsburger se stem, is hier duidelik bewys deurdat Blompark met slegs twee stemme gewen het.

Wyk 1

Wyk 1 is deur die ANC inge-palm met 444 stemme.  Wyk 1 bestaan uit Franskraal, Klipfonteyn 1 en Masakhane waar Bennet Zolani Msweli vir die ANC gestaan het en Andrew Komani vir die DA.

Die kiesers van Franskraal en Klipfonteyn 1 wat hul stem by Franskraal Rolbalklub uitgebring het, het in ongekende massas opgedaag en kan spog met ‘n stempersentasie van 91%. Die uitslag was 1 008 stemme ten gunste van die DA, 2 vir die ANC en 32 vir die VF.

Masakhane

Masakhane se uitslae was:  DA- 228; ANC – 1 680.

Die nou reeds bekende Andrew Komani het gesê dat daar ‘n positiewe gesindheid in Masakhane heers en dat aanhangers van die DA deesdae minder bedreig en geïntimideerd voel.  Hy het in ‘n onderhoud gesê dat die DA steeds sal groei.  Andrew glo dat die volgende verkiesing ‘n perd van ‘n ander kleur gaan wees en dat 2019 om die draai is.

Toekomsplanne

“Ons sal as ‘n span saamwerk om die gemeenskap van Gansbaai te dien”, was Riana de Coning se boodskap na die verkiesing.  Riana is die verkose Raadslid vir Wyk 2, met Moira Opperman as proposionele kandidaat vir dié wyk en proporsioneel vir Wyk 1 - Andrew Komani.

Rdl de Coning het haar uit-gespreek oor dienslewering en die ontwikkeling van infrastruktuur. “Dit sal ‘n belangrike prioriteit bly vir die volgende termyn”, het sy gesê.

Die eskalerende misdaad in Gansbaai is iets waaroor die nuwe leierspan baie bekommerd is.  Rdl de Coning het gesê dat die bekamping van misdaad op ‘n gekoördineerde en daadwerklike wyse moet plaasvind. 

Projekte wat jeugontwikkeling ten doel het, is hoog op haar prioriteitslys.  Sy sal graag sulke projekte ondersteun, sodat Gansbaai se jeug op ‘n produktiewe wyse van die strate afgehou kan word.

Rdl de Coning spreek haar dank uit aan elke kieser wat vertroue in hulle as leiers en as party het en verseker dorpenaars dat sy en haar span alles in hul vermoë sal doen om net die beste aan hul kiesers te lewer.

De Coning vat Wyk 2 met grasie

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant