Oudste lid steeds aktief op land en see

Oudste lid steeds aktief op land en see

Gansbaai Courant

Die klubbestuurder van Overberg Hengelklub, Gert du Plessis, het Dinsdag, 9 Augustus 2016,  sy 78ste verjaardag gevier.

Dit maak van die geliefde lid, die oudste  en mees gerespekteerde klublid.

Gert was “Ge-tie en ge-collar” vir die openingsaand van die klub se Kleinbaai Interprovinsiale Bodemvis Kompetisie.

Dit is die vyfde keer dat die klub die gesogte kompetisie aanbied.

Oom Gert is ‘n gesoute skiboot hengelaar.  Hy het reeds in 1976 in Krugersdorp sy Transvaalkleure verwerf toe hy verbonde was aan die Wahoo Skiboot Klub.

In 1992 verwerf hy sy SA diepseehengel kleure (SADSAA) en in 1998 verruil hy en sy vrou Miempie, Gauteng vir die Overstrand en kom vestig hulle permanent in Gansbaai.

Oom Gert wat al 18 jaar lid is van die klub, het ook vyf jaar as voorsitter gedien.

Hy geniet steeds sy hengeluitstappies en is ook baie bedrywig as klubbestuurder.

Miempie vertel dat hy maar sy visse kan huis toe bring.  Sy maak dit net nie skoon nie, maar is ‘n bedrewe viskoekiebakster.

Miempie is ook ‘n ywerige VLV-lid in die dorp.

Oudste lid steeds aktief op land en see

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant