My tye is in U hand, HERE!

My tye is in U hand, HERE!

Gansbaai Courant

“Maar ek vertrou op U, HERE, ek sê: U is my GOD. My tye is in U hand. Red my uit die hande van my vyande en vervolgers! (Ps. 31:14,15)

Het dit al ooit met jou gebeur dat jy op ’n plek kom en daar loop jy jou vas in  ’n vriend uit jou verlede? Toevallig? Ek ry nou die aand gou by Leon aan om te hoor hoe dit met sy vrou gaan wat haar heup gebreek het vroeër die dag. Op daardie oomblik het hy iemand nodig gehad om hom gou dorp toe te neem om sy motor te gaan haal. Ek kon hom daarmee help. Toevallig? Jy kom by die winkel uitgestap met ’n brood in jou hand en voor jou loop ’n kind wat verwaarloos en honger lyk. Is dit ook toevallig? So gebeur dit telkens dat iets net mooi op die regte tyd uitwerk, nè! Dis nie toevallig nie!

Lees weer hierdie twee verse hierbo uit Psalm 31. Vir elkeen wat op die HERE GOD vertrou is daar ’n duidelike boodskap: “My tye is in U hand!” Niks gebeur toevallig in jou lewe nie.  Iemand het eenkeer gesê dat “toevallig” staan vir: Toe val (GOD) se lig daarop! Al lyk dit nie vir jou so nie, die waarheid is:  GOD is altyd in beheer van jou lewe – veral in die moeilike tye. (Die Boodskap vertaal Psalm 31:15 só: “U beheer my lewe van begin tot end.”) Wanneer alles om jou donker lyk is dit GOD se lig wat daarop val en jou weer nuwe hoop en perspektief  gee. Die moeilikheid is dat ons só vasgevang word deur ons probleme dat ons nie tyd maak om vir GOD se Gees ’n kans te gee om ons verstand te verlig nie. GOD se antwoorde lê gereed vir ons om raak te sien. Daarom is dit nodig dat ons eers weer na Hom toe terugdraai en wag dat Hy, op Sy tyd, ons verlig. Elke keer wanneer jy in ’n moeilike situasie verkeer, maak tyd om weg te kyk van die probleem en wag totdat jy sien hoe GOD se lig daarop val. Dit gaan werk – nie toevallig nie, maar omdat GOD ons graag wil help.

Op hierdie oomblik worstel ek met ’n saak wat ek nog nie vir die HERE gevra het om Sy lig daarop te laat val nie – en ek verwag daar moet ’n verandering kom! Dis nie toevallig dat ek ook hierdie teksvers lees nie. GOD is besig om my ook te verlig en te wys hoe op te tree. Toevallig? Nee beslis nie. Raak gerus maar bewus daarvan dat niks in jou lewe toevallig gebeur nie. Mense wat jou pad kruis, is nie toevallig nie. GOD gebruik elke tyd en situasie om Sy groter plan te laat uitwerk.

Ja HERE, my tye is in U hand.

My tye is in U hand, HERE!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant