Franskralers ruim hul strande op

Franskralers ruim hul strande op

Gansbaai Courant

En so op Vrouedag het daar toe 'n hele paar vrywilligers opgedaag om saam met die bestuur van die Franskralers se belastingbetalers- en inwonersvereniging die wêreld ‘n beter plek te maak.

Gewapen met handskoene, braaitange en swartsakke, het hulle gedoen soos  wat Nelson Mandela gevra het.

Die weer was perfek en dit was sommer 'n gesellige, saamkuier en skoonmaaksessie. So al geselsende het hulle mekaar gehelp om sommer die rommel en die herwinningsgoed te skei en die knapie in die span te vertel dat bolle vislyn die oorsaak is dat seevoëls verstrengel raak en nie meer kan vlieg nie.

Dit was sy missie om seker te maak g’n stukkie vislyn lê tussen onse rotse nie.

Die enigste groot ontsteltenis, veral tussen Rooikransies en Blousloep was die hope leë, perlemoenskulpe, meeste nog sommer piepklein babatjies.

Stroperskulphope, soos dié van ons kontrei se oerbewoners, is ons voorland.

Die twee spanne het mekaar by Blousloep ontmoet, waar die sakke rommel in die vullishouers gelaat is, sodat die munisipaliteit dit die volgende dag kon verwyder, soos vooraf gereël.

ʼn Baie groot en opregte dankie aan almal wat ons so gewillig kom help het, asook aan die borg wat vir die bestuurslede waterbottels en pette besorg het.

Almal was dit eens dat dit ʼn baie geslaagde aksie was.

Op die Wie maak vir Gansbaai lekker? Facebook-blad was die reaksie ook baie positief en die Belastingbetalers– en inwonersvereniging gaan beslis weer so maak, want dit was werklik groot pret om oom Nelson se woorde in dade om te sit.

Franskralers ruim hul strande op

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant