Galjoen-bielie laat Freddie sweet

Galjoen-bielie laat Freddie sweet

Gansbaai Courant

 ‘n Galjoen van 4,1kg het Freddie Booysen van Franskraal verlede week behoorlik laat sweet toe hy die mooi vis vanaf die rotse gehaak het. Freddie het alleen gaan visvang, want dit is wat die afgetrede sakeman deesdae doen, toe hy voel hy het ‘n knewel aan die lyn. Hy het ‘n vriend gebel, wat nie kon kom help nie. 

Ná  ‘n oproep na sy vrou, Truda was hulp oppad.  Sy moes egter eers die gaffel in die hande kry wat hoog in die motorhuis gepak was.  Met ‘n gesukkel oor die rotse het Truda uiteindelik by die vis uitgekom en hom sommer met haar hande gegryp – gaffel eenkant. Freddie is baie trots op hierdie pragtige vangs. Die feit dat hy baie onlangs ‘n knie-operasie ondergaan het en glad nie op die rotse hoort nie, is ongedaan gemaak met hierdie bielie van ‘n galjoen.

Galjoen-bielie laat Freddie sweet

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant