Wereldtoernooi vir Klein Johan

Wereldtoernooi vir Klein Johan

Gansbaai Courant

Die Wêreld Stoeikampioenskappe wat vanjaar in Georgia aangebied word, wag  vir Johan Hulme (16), ‘n jong kadetstoeier van Worcester.

Die toernooi vind  vanaf 10 tot 20 September vanjaar in Tbilisi, hoofstad van Georgia plaas, met Georgia wat as gasheerland optree.

Johan is die kleinseun van ‘n trotse Johan en Elcine Hulme, bekende en jarelange inwoners van Franskraal.

“Johan het as ‘n graad 3 leerder begin stoei, maar was so klein gebou dat ons nie veel hoop vir hom gehad het nie,” vertel Elcine, “maar aan die einde van daardie jaar het hy sommer drie bekers ingepalm, waarvan die een vir die Beste Opkomende Kadetstoeier was.”

Johan is tans ‘n Graad 11 leerder aan Drosdy Hoërskool in Worcester.

Hy het aanvanklik by Brackenfell Stoeiklub aangesluit, maar is sowat vier jaar gelede na Drosdy Stoeiklub, waar sy afrigter Kurt Herzog is.

Daar het hy as ‘n mannetjie van o/42kg begin, maar stoei vandag in die o/69kg gewigsklas.

Gedurende April vanjaar het Johan ‘n derde plek tydens die Suid-Afrikaanse Proewe verower en is vir die Afrika Kontinentale Kadet Kampioenskappe gekeur.

Vanaf 13 tot 27 Julie vanjaar is hy saam met nog stoeiers en sy afrigter Kurt Herzog na Algiers, hoofstad van Algerië.

Daar het Johan derde geëindig en ‘n bronsmedalje ontvang. Volgens sy afrigter het hy ‘n silwermedalje net-net gemis.

Die drie stoei-kategorië is Vrystyl, Grieks/Romeinse en Dames. Johan stoei in die Grieks/Romeinse kategorie.

Drie stoeiers is uit elk van die drie kategorië gekies om in Algerië agter te bly vir ‘n oefenkamp. Sy afrigter het hom deurentyd tydens  die Olimpiese Solidariteit Oefenkamp bygestaan.  Johan het waardevolle ondervinding opgedoen. 

Nou wag die Wêreld-kampioenskappe op hom en sy ouers en sy Franskraal-grootouers hou al hulle duime styf was.

Wereldtoernooi vir Klein Johan

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant