BL verhang die bordjies

BL verhang die bordjies

Gansbaai Courant

Onder groot druk van Atlantis van Hermanus, het Black Leaves van Gansbaai wel daarin geslaag om tot aan die einde toe vas te byt met die eindtelling van 13-18 in hul guns.

Na ‘n behoorlike afranseling in ‘n vroeër wedstryd, het die Gansbaaiers die oorwinning as welverdiend aanvaar en basies na ‘n vyfde posisie opgeskuif om hulle byna daarvan te verseker van oorlewing en deelname in die volgende seisoen se kompetisie.

Met al Black Leaves se punte wat in die eerste helfte aangeteken is, danksy een drie deur Fritz Hill en twee strafskoppe en een doelskop deur Brenton Lee Dickson, sal Black Leaves met ‘n veel beter werksetiek en ‘n hoër intensiteit die groot Grabouwers  op 27 Augustus moet gaan pak. 

Na rustyd het Hermanus groter druk op die Gansbaaiers begin toepas, maar die manne het darem end-uit gehou.

Daar heers ‘n bietjie kommer oor  die ongemaklikheid met ‘n stywe bobeen waarmee Brenton Lee (Divvy) die veld verlaat het. 

Geen slegte of swak wedstryde deur die B- en C-spanne nie, alhoewel die B-span 0-9 verloor en ongelukkig was in hul afronding om drieë te druk.

Die C-span span die kroon met 19-10 in hul guns. 

Drie manjifieke drieë deur Gregory Brett, Eli Hans en Owen Koert elk en doelskoppe deur Koert en David Vaaltyn elk, het aan die C-span glorie besorg.

‘n Laaste liga (wegwedstryd) en een tuis teen Kleinmond vra die hele Baai se ondersteuning – dankie!

So sê Bra”G”

BL verhang die bordjies

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant