Daar is… as jy weet waar

Daar is… as jy weet waar

Gansbaai Courant

Indien jy nou ‘n opsomming kan maak van die vis wat oor die afgelope drie weke gevang is sal dit op die oog af nie so sleg lyk nie, maar kom ons bespreek dit bietjie. Behalwe dat daar ‘n paar antwoorde sal wees, gaan daar net soveel vrae gesig wys, so kom ons kyk:

Indien jy kyk na die verskeidenheid vis wat in die laatjies beland het lyk dit nogal nie te sleg nie, want behalwe vir geelstert is omtrent al ons bekende vissoorte teenwoordig.

Daar is geelbek, kabeljou, snoek, PW’s, oulywe, roman, hotties, rooisteenbras en heelwat van die kleiner soorte.

Dit was veral lekker om weer ‘n ordentlike geelbek, ‘n groot snoek en ‘n kabeljou wat aan  “brag” grens huis toe te neem. Die oulywe was ook die moeite werd om voor dieper water toe te gaan.

Dit was nou die lekker gedeelte  --  hier kom die ander deeltjie van die prentjie:

Indien jy hierdie boonste stukkie deurgelees en dalk begin lippe aflek het, dit gaan nie altyd so voor die wind nie.

Wel, as jy weet wat jy doen en jy kan vir jouself antwoord, wanneer, waar (die hoe is die groot vraag!) kan jy natuurlik saam gesels.

Anders kan dit maar lol, want jy hoor ook maar op ‘n stadium waar die vis byt, maar as jy die raad volg en jy daag met alle moontlike tipe lyne en ase by byvoorbeeld Grootsteen op is dit al klaar snaaks dat, nou juis op hierdie dag dat jy die “regte” raad volg, almal skielik op ‘n ander plek lê!

Somtyds is die geluk tog aan jou kant wanneer jy (dis dalk net dit) besluit het jy gaan, sê maar, Joubert se Dam se kant toe. En daar lê tog ‘n paar bote. Hierdie dag is die godin aan jou kant, want  jy vang twee kabeljoue, ‘n geelbek en ‘n ordentlike snoek. Jou bemanning vaar ook nie sleg nie en die ouens is gelukkig.

Wat meer wil jy hê?

Dan verander die storie, die weer krap die pap deurmekaar. Jy kan gaan waarheen jy wil maar nie net lyk dit asof daar niemand anders op see is nie, maar daar byt niks!!

En jy moet mooi kyk, boeta, met so ‘n weer is dit in elk geval baie wys om dit maar liewer nie te waag nie.

Nou goed, jy besluit wyslik om uit die rowwe see te bly en slaap maar die oggend liewer laat agter die vrou se blad.

Die middag min of meer besluit jy om bietjie Kleinbaai-hawe se rowwe water te gaan bekyk  --  en wat tref jy daar aan? Die hawe is vol sleepwaens van bote wat see toe is.

Een troos, hierdie is (hopelik) die manne wat ken van. Hulle het geweet die vis sal begin byt in hierdie weer en nog belangriker, hulle het geweet hulle kan met redelike veiligheid see toe.

Al wat nou moet gebeur is vir jou om te wag tot die bote terugkeer en wanneer jy die vis sien wat gevang is, moerig, maar met nuwe moed rustig te wag tot volgende keer.  

Vang hom, Seemeeu

Daar is… as jy weet waar

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant