Pearly hengelaars heeltemal te slim vir visse

Pearly hengelaars heeltemal te slim vir visse

Gansbaai Courant

Die visse naby Pearly Beach het behoorlik tweede gekom tydens Pearly Beach Rots- en Strandhengelklub se onlangse hengelkompetisie.

Twintig hengelaars uit vier en sestig deelnemers het veertig visse met ‘n totale massa van 47.85 kilogram ingeweeg.

Baie geluk aan André Roux wat die eerste plek verower het. Deon Strydom was tweede met sy 4.2 kilogram steenbras (swaarste vis), asook die swaarste sak (6.25 kilogram), met Mario van der Westhuizen derde.

Die res van die uitslae is soos volg: Wikkie (4de), Ronnie (5de), Wayne (6de), Johan de Kock (7de), Steven (8ste), Gert (9de) en Riaan Steyn (10de).

Ronnie wen ook die Seniorskompetisie, met Alida Grové wat die Dames Kompetisie wen. Die klub bedank graag vir Colleen vir die akkurate statistieke en inligting.

Alle deelnemers, ondersteuners, klubpersoneel, komitee en Ferdi wat as kaptein ingestaan het, Fanie vir die inweeg, Karen vir die geluktrekkings en administrasie, Isolde vir die vullissaktrekking, asook alle borge.

Die volgende kompetisie is 17 September vanjaar, wanneer Nedbank ‘n uitdaagspan stuur om die Pearly Beachers aan te durf.

Pearly hengelaars heeltemal te slim vir visse

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant