Groot geluk tref Sophie op 60

Groot geluk tref Sophie op 60

Gansbaai Courant

Sophie Aploon van Blompark kan nou nog skaars haar  geluk glo.

Binne enkele weke het sy ná vele probeerslae uiteindelik haar rybewys gekry, haar 60ste verjaardag gevier en op die koop toe ‘n motor as geskenk van haar werkgewer ontvang.  

Die Gansbaaise sakeman Andries Nowers, wie se familie die vismaatskappy Ichtus besit, vertel dat Sophie hom help grootmaak het en as‘t ware sy tweede ma is.

 Sy het 38 jaar gelede as huishulp vir die Nowerse begin werk.

Met die opening van die Ichtus-winkel in 1988 het sy soontoe geskuif en sedertdien ‘n ware steunpilaar geword.

Sy is wyd bekend vir die heerlike viskoekies en vis wat sy bak.

Volgens Andries was dit Sophie se groot wens om ‘n motor te hê.

Hy het gesê hy sal help as sy eers haar rybewys kry.

Op 58 het sy toe ‘n leerlingrybewys bekom en twee weke voor haar 60ste verjaardag, die ware Jakob. Een Sondag is Sophie toe na die Nowerse se huis gelok onder die voorwendsel dat sy moes kom vis bak.

In die motorhuis het die groot verrassing gewag – ‘n netjiese Toyota Tazz kompleet met ‘n rooi strik en balonne.

Sophie sê sy was uit die veld geslaan en baie dankbaar. “Ek en my dogter, Monica, bestuur die karretjie en hy ry baie lekker.”

Andries vertel dat dit vir hulle ‘n groot plesier was om te help en hy hoop dat Sophie veilig ry.

“Ek moet sê, vandat sy die kar gekry het, het ek haar nog nie weer by die werk gesien het,” voeg hy tong in die kies by.

Groot geluk tref Sophie op 60

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant