Overberg beleef heerlike weer

Overberg beleef heerlike weer

Gansbaai Courant

Overberg Bootklub het die naweek die laaste Wesliga kompetisie aangebied in pragtige weerstoestande.

‘n Rekord aantal bote het  deelgeneem en ‘n totaal van 19 skippers het hulle bote en bemanning uitgeneem see toe.

Die dag het mooi begin en die see het stil vertoon van die kant af, maar op see was dit maar taamlik grondpad vir die hengelaars.

Die mis het ook ‘n groot rol gespeel en van die skippers moes in die mis wal toe wat net weer bewys dat ‘n GPS ‘n noodsaaklikheid en nie ‘n luukse is nie.

Hoewel die vangste deur die loop van die week swak was, het dinge Saterdag gedraai.

Die spesietal het tot agt geklim en daar het ‘n paar mooi vis aan wal gekom.

‘n Pragtige witsteenbras met ‘n massa van 8.58kg is deur Bryan Fitchat uitgetrek.

‘n Geelbek wat die skaal op 6.24kg getrek het, is deur Amanda van Staden kant toe gebring.

'n Rooisteenbras met ‘n massa van 4.3kg is deur M vd Westhuizen ingeweeg en C van der Merwe het ‘n mooi rooistompneus van 4.48kg aan die skaal gehang.  Slegs twee snoeke is vir die dag uitgetrek en die alom bekende silwervis, hottentot, gurnett en ‘n verdwaalde kabeljou het deel uitgemaak van die dag se vangs.

Overberg beleef heerlike weer

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant