Arabiere besoek enkelvroue

Arabiere besoek enkelvroue

Gansbaai Courant

‘n “Egte” Arabier en sy bedekte vrou het 'n groep enkellopendes verras tydens die NGK se jaarlikse funksie vir enkellopendes met die oog op Vrouemaand.

Die Arabier en sy vrou, wat op ‘n minagtende wyse agter hom moes stap, het die praatjie oor vroue in Saoedi-Arabië wat geen erkenning kry nie, beklemtoon. Die funksie is ‘n jaarlikse instelling deur die NGK se Diens van Barmhartigheid om enkellopendes op hierdie wyse te bederf en die gebruik is etlike jare gelede deur Maryna Rousouw ingestel. Sy het die byeenkoms as eregas bygewoon.

Sankie Prinsloo het as gasspreker haar wedervaringe as vroedvrou in 2000 in die plattelandse dorp, Tabuk in Saoedi-Arabië met die gaste gedeel. Sy het onder kontrak vir ‘n jaar in ‘n militêre hospitaal net buite Tabuk as vroedvrou gewerk.

Sankie se insiggewende vertellinge het die vroue behoorlik aan haar lippe laat hang. Enkele voorbeelde van die minagting van vroue wat deur Sankie uitgelig is, is: hulle moet te alle tye in die openbaar ten volle, van kop tot tone, geklee wees; hulle is op geen opleiding geregtig nie; kommunikasie met mans, selfs hul eie mans, in die openbaar is verbode; hulle mag nie langs hul mans in die openbaar stap nie, maar agter hom; mans het gewoonlik so vier vrouens en as een tot sterwe kom, word sy eenvouding met ‘n ander een vervang.

Veral die dames kon net koppe skud by die besef van hoe dit moet wees om as vrou so ‘n lewe te moet ly.

Na afloop van byeenkoms is die enkellopendes met ‘n middagmaal bederf en is verras met ‘n tipiese Arabiese nagereg, bestaande uit dadelbolletjies - dadels is Saoedi-Arabië se stapel-voedsel.

Arabiere besoek enkelvroue

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant