Gholfnuus

Gholfnuus

Gansbaai Courant

Donderdag se Sloegters is gewen deur Sextus Neethling (43), gevolg deur Daan Victor (41), George Hunt (38), Leon Lombard (37), Bev Swart (37), Etienne Engelbrecht (35), Elias Matthee (34) en Steve Muller (34).

Vrydag se 9-putjie kompetisie is gewen deur Lambert Smith met 18 punte.  Die komitee en lede bedank Chris van Rensburg van OK Foods vir die borgprys elke Vrydag. 

Dit word opreg waardeer.

Saterdag se Enkel Stableford kompetisie is gewen deur Johan Schneider (42), gevolg deur Sextus Neethling (41), Lieb Louw (40), Johan Coetzee (38), Wally van Coller (38), Leon Lombard (36), Bev Swart (36).  Naaste aan die penne was Richard Bentz op no 2 & 11, Daniël van der Merwe op no. 8 & 17 en Steve Muller op no 15.  Spog Twee’s word aangeteken deur Steve Muller (15), Jacques Nell (17) en Daniël van der Merwe (17).  Johan Schneider teken ‘n Arend aan op putjie no 1. (Foto volgende week)

Afslaantye:  Daar is besluit dat die afslaantye vanaf September vir Saterdae en Woensdae vanaf 09:00 – 11:00 sal wees.

Komitee:   Johan Pieterse (President), Jacques Nell (Kaptein), Daan Victor (Visie-Klubkaptein), addisionele lede Jakkie Beukes, Bev Swart, Gina Esterhuizen. George Hunt is gekoöpteer. Die baie gewilde Maandelikse Houespel, een van die mees gewilde kompetisies, word volgende Saterdag aangebied.

Die skoonvelde is gesny en die setperke is pragtig.

Die nuwe Boland Unie Senior Liga vir ouderdom 50 jaar en ouer, neem volgende Saterdag ‘n aanvang en word in die Paarl gespeel. Ons span is: George Hunt (Kaptein), Jacques Nell, Daan Victor, Bev Swart, Neil Harrison en Andre Roos.

Merk hierdie datum!  Op 1 Oktober word die Beeskraal Ope in die volgende afdelings gespeel:  Tollies, Bulle, Osse en Koeie.  Die formaat is ‘n Enkel Stableford en dit beloof om ‘n heerlike kompetisie te wees.  Kom deel in ‘n pragtige dag - daar is wonderlike pryse in elke afdeling.

Johan Coetzee

Gholfnuus

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant