Omgekrapte See Fnuik Hengel Maar Nie Lentedans

Omgekrapte See Fnuik Hengel Maar Nie Lentedans

Gansbaai Courant

'n Omgekrapte see, sterk wind en golwe kan maklik ‘n goedbeplande boothengelkompetisie fnuik, maar nie die gesellige funksie-aande van die Birkenhead Boothengelklub nie.

Saterdag, 3 September 2016 is die gewone funksie-aand met ‘n gesellige Lentedans in die klubsaal vervang.

Baie moeite is met die aanbied van ‘n smaaklike ete gedoen, met die saal wat pragtig met ‘n lentetema versier is.

Soos gebruiklik het Jan Lourens met sy Musiekfabriek die voete tot laataand laat jeuk.

Al is daar nie see toe gegaan nie, is die klub se Foefiebeker aan Steve Muller (foto) oorhandig om uit te drink.

Steve het glo ‘n vorige keer ‘n bakkie met kos op Bev Swart se boot, Bella Me, see toe geneem. Hy het daarvan vergeet, ondanks hongerpyne wat begin knaag het. Met die regpak van sy boot, kom Bev toe op die “vrot” kos af wat nooit geëet is nie!

Klublid Bryan King, wat op 6 September 2016 die rype ouderdom van tagtig behaal het, is gelukgewens, maar daar is ook afskeid van hom en sy eggenote, Marietha geneem, aangesien die egpaar beplan om te verhuis.

George Rowan is as nuwe lid voorgestel, met nog ‘n nuwe lid, Peet Badenhorst wat kort voor die funksie in die hospitaal opgeneem is.

Wenners (foto) van bottels wyn het breed geglimlag en saam met Bryan en Marietha vir ‘n foto geposeer.

Die volgende boothengelkompetisie is die jaarlikse King of the Bay Saterdag, 1 Oktober 2016, waarheen verskeie boothengelklubs genooi word, met die Birkenhead Boothengelklub as gasheer.

Navrae kan aan Philip Fourie (voorsitter) by 082-747-3634 gerig word.

Omgekrapte See Fnuik Hengel Maar Nie Lentedans

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant