Moordvis-skrywer skenk opbrengs

Moordvis-skrywer skenk opbrengs

Gansbaai Courant

Die bekende skrywer, Irna van Zyl en haar honde is ‘n bekende gesig op Pearly Beach se strande, wat van haar boek, Moordvis, asook die Engelse vertaling, Dead in the Water, se opbrengste aan Pearly Beach Bewarea Conservancy geskenk het.

Elrina Versfeld van die Bewarea sê hierdie speurverhaal is ‘n avontuur wat die leser deur die bekende landskappe vanaf Kaapstad na Caledon, Hemel-en-Aarde Vallei, Hermanus, Stanford en Gansbaai neem, asook na die fiktiewe kusdorpie, Grootbaai.

Die boek bevat vele verwysings na plaaslike plekke en bekende vrae in die omgewing, soos perlemoenstropery, die perlemoenbedryf, haaihokduik, bote, haaie en haaivinne, fynbos, melkhoutbome en die toerismebedryf. “Alles baie bekend hier in ons omgewing en daarom hou die spanningslyn ‘n mens se gedagtes heeltyd aan die gang,” het sy gesê.  “Dis asof jy self deur die storielyn stap en die gebeure eerstehands ervaar – ‘n heerlike, moetlees boek vir elkeen van die omgewing.”

Irna het van die opbrengste van die Afrikaanse- en Engelse weergawes aan Pearly Beach Bewarea Conservancy geskenk, wat deur Pearly Beach Bewarea vir natuurbewaring in die Pearly Beach omgewing aangewend sal word.

Moordvis-skrywer skenk opbrengs

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant