Biblioteek soek boek-vriende

Biblioteek soek boek-vriende

Gansbaai Courant

Gansbaai Biblioteek beplan ‘n opwindende aksie vir biblioteekdienste, maar maak staat op die samewerking van Gansbaai se leserspubliek. Die stigting van ‘n klub, “Vriende van die Biblioteek”, word beplan en die biblioteekpersoneel versoek biblioteeklede, asook die publiek, om saam op hierdie opwindende wa te klim. “Soos ons almal weet, is boeke vandag baie duur en dit duur soms net te lank vir Topverkopers vanaf Provinsiale Biblioteekdienste om hier aan te kom,” sê Sharman Geldenhuys, Bibliotekaris van Gansbaai Biblioteek. Sharman sê die Biblioteekstelsel bied 'n opsie om 'n Komitee saam te stel - bekend as “Vriende van die Biblioteek”. Hierdie komitee sal uit ‘n voorsitter, visie-voorsitter, sekretaris en tesourier bestaan.

Die hoofdoel van die komitee is om fondse op kreatiewe maniere te genereer om dan nuwe voorraad vir die Biblioteek aan te koop. Die Biblioteek ontvang ook gereeld boeke as donasies wat nie in voorraad opgeneem kan word nie; hierdie boeke kan dan verkoop word om fondse te genereer vir die aankoop van nuwe boeke.

Die eerste GROOT boekuitverkoping gaan Vrydag, 30 September 2016 op die Biblioteek se voorstoep plaasvind en alle gelde wat op daardie dag gemaak word, sal aangewend word om die "Vriende van die Biblioteek" te stig. Belangstellendes kan vir Sharman Geldenhuys of Edna van der Linde by 028-384-8346 skakel, of stuur ‘n e-pos aan sgeldenhuys@overstrand.gov.za.

Biblioteek soek boek-vriende

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant