Gansbaai Courant

Blog: Gholfklub-lede is bedrywig in ons geweste

Published: 23 September 2016
By:Gansbaai Courant

Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Charlie Bent met 41, en hy speel ook ‘n 72 bruto vanaf ‘n 5 voorgee. 2de was Etienne Engelbrecht 39, gevolg deur Steve Muller 36, Andre Roos 35, Sextus Neethling 35, Gina Esterhuizen 35, Jacques Nell 34, Daan Victor 34, Dawie Viljoen 34 en Johan Pieterse 33. Naaste aan die penne op putjie no 2 & 11 is Leon Lombard, no 8 & 17 is Charlie Bent en no 15 is Neil Harrison. Steve Muller teken ‘n Spog 2 aan op no 17. Leon Lombard wen die boerpotputjie (6, 16 en 18).

Vrydag se OK Foods-geborgde kompetisie is gewen deur Andre Roos 22, gevolg deur George Hunt 19, Senekal Dreyer 18, Daan Victor 17, Dickie de Kock 17, Richard Bentz 17.  George Hunt teken ‘n Spog 2 aan op no 2 en Lieb Louw is die naaste aan pen op putjie no 8.

Saterdag  se Houespel is gewen deur Dickie de Kock 69, gevolg deur Johan Kruger 70, Lieb Louw 71, Elias Matthee 71, Ettienne Engelbrecht 71, Sextus Neethling 73, Solly Wessels 73, Charlie Bent 74, Steve Muller 74 en Johan Coetzee 74.  Naaste aan die penne op no 2 & 11 en ook op no 8 & 17 is gewen deur Pieter Loubser. Solly Wessels teken ‘n Spog 2 aan op putjie no 11.

Senior Liga: Gansbaai se span het Saterdag in die Paarl teen Hermanus gespeel en verloor 0/6.

Beeskraal Ope op 1 Oktober.

Thorburn Security op 8 Oktober. Die formaat is ‘n 4BBB Stableford

Die AJV se voorstel dat afslaantye verander word, het ontevredenheid veroorsaak. Die besluit is soos volg gewysig:

Afslaantye vir Woensdae en Saterdae vir September en Oktober is vanaf 08:00 - 09:00.

Vanaf November sal afslaantye vanaf 07:30 - 08:30 wees.

Johan Coetzee  082-878-0534   gbgholfklub@gmail.com

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...