Plastiek - nóg 'n kusmoordenaar

Plastiek - nóg 'n kusmoordenaar

Gansbaai Courant

Kus- en Mariene bewaringsbewustes in die wêreld verenig jaarliks op Internasionale Kusopruimingsdag om ‘n bydrae tot die voorkoming van mariene-uitwissing deur plastiekware af te skaal.

Vanjaar het die dag op 17 September 2016 geval. Inligting wat op hierdie wyse versamel word, word na ‘n nasionale- en internasionale databasis  gestuur. Vanjaar het ‘n paar groepe onder leiding van Gansbaai Toerisme en Dyer Island Conservation Trust (DICT) saamgestaan en op drie areas gefokus: Uilenkraalsmond by die brug op die R43, Gansbaai Karavaanpark (hawe-gebied) en Stanford’s Cove het deel uitgemaak van die plaaslike inisiatief.

DICT met die samewerking van die skolebewaringsgroep vanuit Masakhane, Deep Blue,  Internasionale vrywilligers, Overstrand Munisipaliteit en Gansbaai Toerisme het gesamentlik twee en twintig sakke vullis (115.9 kilogram) opgetel as hul bydrae om ‘n verskil in hierdie area se kuslyn te maak.

Die groepe het hoofsaaklik glas en plastiek in hierdie gebiede opgetel.

Dit kom as geen verrassing indien statistieke van sowat 5.25 triljoen plastiekitems in aanmerking geneem word  nie. Honderd-duisende mariene spesies vrek jaarliks as gevolg van plastiekitems en verstrikking – en hierdie getal berus net op diê spesies wat gevind word. Hieruit blyk dat minstens twee derdes van die wêreld se visvoorraad onder die inname van plastiek deurloop.

Raak betrokke

Die sleutelwoord hier is om die gebruik van plastiek vandag nog te staak.

Negentig persent van daaglikse menslike gebruik  bestaan uit kruidenierssakke, plastiekverpakkingsmateriaal, plastiekeetgerei, strooitjies en ander plastiekartikels, wat met herwinningsmateriaal vervang kan word. Elke enkele  poging tot die bewaring van ons omgewing, maak wel ‘n verskil.

Plastiek - nóg 'n kusmoordenaar

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant