Gansbaai Courant

Blog: Kunstenaars stal uit

Published: 07 October 2016
By:Gansbaai Courant

Ivan Trollip se kennis oor plante is net so indrukwekkend soos sy olieverfskilderye. Ivan staan hier voor sy kunsgalery in Baardskeerdersbos wat deel uitmaak van dié kunstenaarsgemeenskap se gewilde kunsroete wat op 1 en 2 Oktober van 10:00 tot 17:00 aangebied word. 

Ander kunstenaars  wat  deel  uitmaak  van  die  kunsfees is Coleen Emmenis, Herman van Bon, Joshua Miles, Louis Stroh van der Walt, Kali en Daniel Griffin, Niël Jonker, Kali van der Merwe, Anzu Wicks, Sylvie Groschatau, Brenda Parker, Philip John en Jan Vingerhoets. 

Besoekers kan hulle regmaak vir ‘n verskeidenheid beeldhou- en batikwerk, houtkuns, fotografie, tekstiel- en potteware, juwele, funksionele kuns en potloodsketse. 

Besoek  die legendariese dorpie waar veral die  aronskelke op die oomblik ‘n skouspel vir die oog is. ‘n Dorpie waar jy in die grondstrate kan wandel en waar kinders onbesonne kan rondhardloop.

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...