Kunstenaars vier die lewe

Kunstenaars  vier die lewe

Gansbaai Courant

‘n Sondagmiddag-konsert met plaaslike musikante en dansers is in die White Shark Disco gehou om fondse in te samel vir die enorme uitgawes wat gepaard gaan met die lewe van ‘n gestremde persoon.

Die konsert, ten bate van Calvin Olivier het sowat veertig gaste opgelewer.

Lofdanse onder leiding van Lynette van Wyk, ‘n ballerina van ouds, het die verrigtinge ingelei.

Haar mededansers was Elche van Wyk, Blanché Steynberg en Mitchell Temmers.

Micaela Loubser op die fluit, is begelei deur Cassia Mildner en het die gehoor verras met hulle uitmuntende talent.

Bea Whittaker, ‘n sopraan van Stanford is deur Marjaan van Tonder op die klawerbord begelei. Bea se suiwer stem sal hopelik nog male sonder tal op Gansbaai-bodem gehoor word.

Marjaan het ook solo-stukke gespeel en het met bravura verwerkings en optredes vorendag gekom met onder andere Fantasie Espãnol, Libertango en vertolkings van bekende film-temas.

Op ligter noot het Dirk en Eva Buchner met ou bekende liedjies ingeval, begelei deur Dirk op die kitaar.

Meer konserte soos die sal beslis ‘n aanwins wees vir Gansbaai. Tydens ‘n kort gesprek met Calvin, was hy verheug dat hy reeds albei sy arms kan oplig.  Hy sal binnekort ‘n operasie ondergaan aan albei hande en hoop om die gebruik daarvan terug te kry.

Marjaan van Tonder, wat die konsert gereël het, het teen ons ter perse gaan laat weet dat ‘n bedrag van R8 000 ingesamel is tydens die konsert.

Persone wat nog bydraes wil maak kan direkte deposito’s maak: D Olivier/C Olivier – ABSA – Rekeningnommer: 931 821 4534 – Takkode: 632 005 met verwysingsnommer: U naam.

Kunstenaars  vier die lewe

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant