Sypaadjies is vir voetgangers

Sypaadjies is vir voetgangers

Gansbaai Courant

Overstrand Munisipaliteit waarsku begeesterde tuiniers dat sypaadjies vir voetgangers bedoel is - nie vir tuinmaak nie.

Die munisipaliteit het groot waardering vir die geesdrif waarmee huiseienaars help om die dorpe te verfraai deur onder andere sypaadjies te verfraai. Terselfdertyd kom die vermaning dat ‘sypaadjies’ inderwaarheid ‘n padreserwe is.

Wetgewing bepaal dat die 1,5 meter rand voor inwoners se erwe, aan die Munisipaliteit behoort en vir gebruik deur alle vorms van openbare vervoer gereserveer is - in die geval van residensiële areas, meesal voetverkeer en ook rolstoele en kinderstootwaentjies.

Die lane en strate in die meeste van Overstrand se dorpe is net-net wyd genoeg vir tweerigting verkeer. Indien ‘n motoris moet uitswaai en deur ‘n netjiese ‘sypaadjie-tuin’ ry, sal die huiseienaar vir die skade, ook aan die voertuig, verantwoordelik wees. ‘n Groter gevaar bestaan indien daar beserings of dood uit ‘n ongeluk sou voortspruit.

Munisipale amptenare gaan binne die volgende maand of twee begin deur waarskuwings aan huiseienaars uit te reik wat munisipale beleid op die administrasie van onroerende eiendom, asook verordeninge insake strate, openbare plekke en die voorkoming van openbare oorlaste oortree, namate hierdie oortredings verband hou met die oorskryding van sypaadjies.

‘n Redelike tydperk sal as vergunning toegestaan word om die saak reg te stel, waarna opvolginspeksies uitgevoer sal word. Die verontagsaming van die waarskuwings sal die instel van geregtelike stappe tot gevolg hê.

Die verordeninge geld ook vir bourommel, meng van sement of tuinafval op sypaadjies.

Vir duidelikheid oor wat toegelaat word en wat nie, kan Overstrand se Policy on the Administration of Immovable Property via www.overstrand. gov.za afgelaai word.

Paragrawe 63 en 64, Projections, Projecting Structures and Encroachments, is van toepassing.

Die naaste munisipale kantoor kan ook vir afskrifte van die beleid gevra word.

Sypaadjies is vir voetgangers

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant