Masakhane vier Kultuurdag

Masakhane vier Kultuurdag

Gansbaai Courant

Erfenisdag het Saterdag, 24 September 2016 hoogty by Masakhane Primêre Skool gevier. Die kultuur-feesvieringe is op die laerskool se sportgronde aangebied en dit was ‘n kleurvolle gesig van tradisionele kleredrag en groot opgewondenheid wat besoekers verwelkom het.

“Die hoofdoel van die dag was om die leerders van kultuurdiversiteit te leer, maar veral ook van verdraagsaamheid teenoor ander kultuurgroepe in Suid-Afrika,” het die skoolhoof, mnr. Mdini gesê.

“’n Verdere doel van ons Erfenisdagvieringe was om fondse vir die skool in te samel, aangesien ons ‘n geen-skoolfonds skool is.” 

‘n Vol program, wat van deeglike organisering getuig, is gevolg en mnr. Mdini, het die verrigtinge geopen, waarna verskeie optredes gevolg het: gesprekvoering met die leerders oor kultuurdiversiteit, drama-opvoerings, ‘n ‘gum-boot’-dans, sang deur die onderwyserskoor, die proe van Afrika tradisionele kosse en die bekendstelling van skoolvennote.

Die skool se massakoor het die verrigtinge met die sing van die Nasionale Volkslied afgesluit.

Gansbaai Toerisme is deur die skoolhoof versoek om ‘n verteenwoordiger te stuur. Phumza Khweyiya het in pragtige, kleurvolle tradisionele drag opgedaag en Gansbaai Toerisme se naam hooggehou.   

Masakhane vier Kultuurdag

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant