Overberg Hoër wysig vakkeuses

Overberg Hoër wysig vakkeuses

Gansbaai Courant

Hoërskool Overberg probeer om in pas te bly met veranderende tye en daar is op gewysigde vakkeuses vir 2017 besluit, wat Gansbaai leerders ook sal raak.

‘n Nuwe vak, Landboutegnologie, wat relevant vir die area is, sal  vanaf 2017 aangebied word.

Duits en Meganiese Tegnologie sal volgende jaar vir die laaste matriekklas aangebied word, waarna dit gestaak sal word.

Die skoolhoof, mnr. Eddie Labuschagne, sê vir Duits is dit ‘n baie lang pad aan Hoërskool Overberg wat ten einde loop. “So ver as wat ons kon vasstel, is Duits vanaf ongeveer 1950 aangebied en is as ‘n kernvak vir universiteitstoelating gesien.” Landboutegnologie sal saam met die meer teoretiese Landbouwetenskap deur leerders geneem kan word, met die fokus op die praktiese deel.

Twee onderwysers, wat onder andere by die uitfaserende vakke betrokke is, me. Sonica Louw (Duits) en mnr. Grant Murdoch (Meganiese Tegnologie),  beskik  oor jarelange   ervaring.

Me. Louw is sedert 1976 aan die hoërskool as Duits-, Geskiedenis- en Afrikaanse onderwyseres verbonde.

Mnr. Murdoch is vanaf 2001 by Ovies en het Motorwerktuigkunde as vak infaseer.

Vir duidelikheid oor die nuwe vak, Landboutegnologie, sal mnr. Albert van Zyl, hoofspesialis van die vak Landbou in die Wes-Kaap, Donderdag, 29 September 2016 om 10:00 by die graad 9 klasse wees om hulle in te lig oor presies wat hulle van die nuwe vak kan verwag.

Ouers wat belangstel, is ook welkom om te kom luister.

Overberg Hoër wysig vakkeuses

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant