Hoogtepunt vir ons Spierbouers

Hoogtepunt vir ons Spierbouers

Gansbaai Courant

Drie gimnasiuminstrukteurs van Gansbaai het verlede Saterdag aan ‘n nasionale liggaamsbou kompetisie in Kampsbaai deelgeneem.

Pieta Botes (28), Cobus Briedenhann (38) en Nicola Immelman (29) vertel dat hierdie deelname sonder twyfel  die hoogtepunt van hulle jaar is.

Die kompetisie word aangebied deur die “National Amateur Body Building Association/World Fitness Federation” (NABBA/WFF).

Dit was die  eerste keer dat hulle as  die “Health and Active” span inskryf vir ‘n kompetisie.

Slegs vanuit die Wes-Kaap was daar sowat tagtig deelnemers wat in die agt en twintig kategorieë deelgeneem het.

Cobus het vir die Mens Classic Body Building Class 1 over 1.79 meter ingeskryf en vierde geëindig.

Hy is gekeur om aan die Suid-Afrikaanse Nasionale kompetisie deel te neem wat op 8 Oktober 2016 in Pretoria plaasvind.

Pieta het in die Novice Body Building-afdeling deelgeneem, wat vir deelnemers bedoel is wat  die eerste keer inskryf.

Hy het net-net buite die vereiste eerste ses plekke geëindig.

Nicola het op haar beurt vir die Beach Bikini over 1.63 meter ingeskryf en ‘n  vierde plek behaal. Slegs die eerste drie deelnemers dring deur na  die Suid-Afrikaanse Nasionale kompetisie.

NABBA is die eerste kompeterende liggaamsbou organisasie wat in 1950 gestig is. Hulle bied ook die Mr Universe kompetisie aan. Die eerste Mr. Universe wat gekies is, was Steve Reeves wat daarna meer as dertig Hercules films vervaardig het.

“Ons vertrou dat ons deelname aan hierdie kompetisie die eerste van vele sal wees waartydens ons ons dorp en ons provinsie sal gaan verteenwoordig,” het Pieta gesê.

Hoogtepunt vir ons Spierbouers

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant