Huis veras in Franskraal

Huis veras in Franskraal

Gansbaai Courant

‘n Gesin van Franskraal Karavaanpark, slegs met die klere wat hulle aangehad het, kon Dinsdagaand, 27 September 2016 kort na 21:00 net geskok staan en kyk na smeulende as waar hul huis gestaan het voordat hulle vroeër die aand uitgegaan het.

Hendrick en Natasha Bodensteyn van Franskraal Karavaanpark het dié aand besluit om uit te gaan. Hulle drie jong kinders, De Wet (11), Nathen (1½) en Henco (5 maande) het saam met hulle gery.

“Ek het geen idee wat die brand kon veroorsaak het nie en het net van die bure verneem dat dit ‘n hewige brand was wat die hele huis baie vinnig in puin gelaat gelaat,” het ‘n geskokte Hendrick gesê.

Die brand het so hewig gewoed, dat die bure, JJ en June Malan ook skade soos gebrande balke, elf gebarste ruite en swartgebrande mure en ander skade ondervind het.

Die gesin is deur vriende onderdak geneem en kort daarna het ander inwoners warm klere begin aandra.

Indien enige persoon met klere of ander hulpmiddels behulpsaam wil wees, kan Hendrick by 084-237-8159 geskakel word.

Met die ter perse gaan van hierdie berig was die oorsaak van die brand nog onbekend.

Huis veras in Franskraal

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant