Grootste groep nóg by wynproe

Grootste groep nóg by wynproe

Gansbaai Courant

Gansbaai Wynproegilde, die mees suidelike wynproegilde in die land, is agt jaar gelede op Dinsdag, 11 November 2008 deur  wyle  Helmie de Vries gestig.

Helmie het as voorsitter tot en met sy afsterwe 16 Julie 2014 gedien en Gansbaai Wynproegilde het gedurende sy termyn van krag tot krag gegroei.

‘n Rekordgetal gaste het die maandbyeenkoms op 23 September 2016 by die gewilde Great White House in Kleinbaai bygewoon.

Nie minder nie as vyftig wynliefhebbers het die aand onder voorsitterskap van Theuns Roodman bygewoon.

Saxenburg Wyne van Kuilsrivier was op die wynproelys en hul skakelbeampte, Lientjie Venter het die aanbieding behartig.

Lientjie se ma, Marie de Jager, woon in De Kelders en dit was vir ma en dogter ‘n besonder spesiale geleentheid.

Saxenburg se ontstaan dateer meer as twee dekades terug toe goewerneur Simon van der Stel die plaas aan ‘n Vryburger van Duitsland, Joachim Sax, toegeken het.  Sedertdien het dit ‘n familieplaas gebly, met die Bührer-familie steeds aan die stuur van sake en twee van die kinders, Fiona en Vincent Bührer, as bestuurders.

Lientjie se verwelkomingswyn was ‘n versnit van Chenin Blanc en gehoute Viognier met ‘n intense tropiese geur.

Die volgende wyne van Saxenburg se private versameling is aangebied, met die gaste se toekennings in hakies: Sauvignon Blanc 2016 (sterk silwer); Merlot 2011 (sterk silwer); Shiraz 2014 Shiraz (goud).

Nog wyne wat op die proe-tafel beskikbaar was, is ‘n versnit van Cabernet, Merlot en Shiraz, asook Saxenburg se Private Collections van Chardonnay, Pinotage en Cabernet Sauvignon.

Die Great White House se sjef, Chris Pead, het die gaste weer eens aan die praat gehad met sy spyskaart.

Die hoofgereg was geurige  Thai-hoender in komkommerbakkies gekomplimenteer met ‘n suurlemoenknoffel krulkoolslaai. Dit is opgevolg met Springbok in filobakkies met ‘n rooibos-appelkoos verrassing saam met geroosterde groente.  Die geleentheid is afgesluit met piesangkaramelpoeding en roomys.

Voorwaar ‘n smaaksensasie vir die fynproewer.

Navrae aangaande Gansbaai Wynproegilde kan aan Amanda de Vries gerig word by 028-388-0708 of 082-577-6920 of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za

Grootste groep nóg by wynproe

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant