Hoe hanteer jy 'n haai

Hoe hanteer jy 'n haai

Gansbaai Courant

So ‘n paar jaar gelede my eerste ontmoeting met ‘n haai gehad --  ons het geanker reg voor De Kelders, drie van ons in ‘n klein rubberbootjie, reg langs die bamboes.

Vir ‘n oomblik het ek gedink die bamboes beweeg.

Toe ervaar ek ‘n skok wat my bene lam laat. ‘n Haai beweeg reg langs die boot verby. Hy’s baie breed en baie, baie groot.

Ek het dadelik my twee maats aangeraai om  absoluut stil te sit, probeer om nie eens asem te haal nie, en hulle lyne in die water te hou. Die haai het al om ons beweeg, dit het selfs gelyk asof hy teen die boot skuur. Baie grasieus, maar uiters skrikwekkend. Ons het almal geskok gewag vir die aanval. Toe verdwyn hy - of so het ek gedink.

Ons het vinnig anker opgetrek en verder gaan lê. Hy moes ons egter gevolg het en het weer om die boot beweeg en later selfs een van ons ase afgevat  --  gelukkig het die lyn gebreek. Dis toe ek besluit, liewer huis toe!

Intussen, met die gereeld see toe gaan, het ek gewoond geraak om besoek te kry van verskillende soorte haaie. Ek het ook ‘n skiboot aangeskaf, heelwat groter as die rubberboot van destyds. Dit help nogal as haai se kind so onverwags sy verskyning maak.

Ek weet dit gaan tog nie soveel help nie, maar dit troos darem.

My reaksie is steeds en my raad aan die wat wil weet, om nie die haai se aandag te trek nie en jou lyne uit die water te hou, of dan nie daaraan te karring nie. Moet ook nie enige lokaas in die water gooi met die haai in sig nie.

In ander woorde, moet in geen omstandighede sy aandag probeer trek nie. As jy dink dís pret weet ek nie of jy later van plan sal kan verander nie!

My manier van die saak hanteer het sover gesorg dat die haaie belangstelling verloor en dan padgee. Ek is gelukkig daarmee.

Nou onlangs nog het een van die ou grotes ook ‘n paar keer om die boot gesirkel en toe aan die skroef “geproe”, ons almal sopnat gespat met een of ander aksie en dankie tog, net daarna die aftog geblaas.

Met ‘n aankomende walvis kan jy jou motors aan die gang kry om hom van rigting te laat  verander, maar moet dit nie met haaie probeer nie.

Is dit hoe ‘n haai hanteer moet word?

Ek weet nie, maar dit werk (sover) vir my! Weer eens, my opinie: los hom uit en toon respek. Bly bewegingloos en laat hom belangstelling in jou verloor. Moet om hemelsnaam nie probeer “vriende” maak nie Die kans is dat jy wreed ontnugter kan word. 

Die mense wat met hierdie diere werk doen dit op ‘n ander basis.

So, indien jy haaie bewonder en jy vind dit selfs opwindend wanneer jy besoek word deur hulle, wees altyd versigtig en wees verstandig en jy sal hopelik in die toekoms steeds met ‘n geruste hart kan doen wat jy graag wil doen  --  jou bootrit geniet. 

Groete, Seemeeu

Hoe hanteer jy 'n haai

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant