Dan en Wan hou skaapkopete

Dan en Wan hou skaapkopete

Gansbaai Courant

Die eet van skaapkoppe, 15 daarvan, het op Maandag, 10 Oktober 2016 hoogty in Franskraal gevier na afloop van die klub, Dan-en-Wan se 9-putjie gholfdag in Hermanus.

Die gasheer vir die skaapkopete was Abie Smith van Franskraal en, alhoewel almal nie vir ‘n skaapkop te vinde was nie, het die vrolike groep gesellig onder die ruie bome op Abie se erf gekuier.

Johan Hamilton, organiseerder van die klub, sê Dan-en-Wan beteken letterlik af en toe of nie af en toe nie - alles hang af van wat die groep afgetredenes wil of nie wil doen nie.

Die stigting van die groep, sowat dertien jaar gelede, se oorsprong is in Hermanus waar ‘n groep afgetredenes vanuit ‘n wye spektrum in  die sakelui besluit het hulle wil mekaar ondersteun met hul gholfspel.

Die aanvanklike bedoeling van die klub het uitgebrei en nou reël hulle gereeld verskillende uitstappies waarby hul vrouens ook betrek word, “aangesien dit ook belangrik is vir kameraadskap, gesellige samesyn en om mekaar beter te leer ken,” het Johan gesê.

Die groep het Johan genader om hulle te help om ‘n goeie atmosfeer te skep. Sy voorstel was die stigting van die Dan-en-Wan klub. Hulle wou met ‘n jaarlikse afvalpotjie begin om bymekaar te kom, maar met die uitstekende fasiliteite by Abie se huis in Franskraal, is daar op skaapkopetes besluit, wat vanjaar vir die tiende keer gereël is.

Die klub fokus ook op onderlinge kommunikasie, aangesien daar vier Duitsers, drie Engelse en een Switser in hul geledere is.

Dan en Wan hou skaapkopete

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant