Wilde Weste se deure swaai oop

Wilde Weste se deure swaai oop

Gansbaai Courant

Gansbaai het pas ‘n “Country Western” restaurant bygekry. 

Die eienares, ‘n nuwe intrekker vanuit Mpumalanga,  Nicky Olivier ontmoet Gansbaai Courant by die trappe van haar nuwe restaurant. 

Haar “cow girl” klere is netjies afgerond met ‘n paar wit stewels en jy wonder wanneer ‘n perd gaan kop uitsteek om die hoek van die bruin geverfde gebou in Kerkstraat, van waar Marie’s Boutique voorheen bedryf is.

‘n Kaktusplant en “Wanted” plakkaat onderstreep die tema by die vooraansig van die restaurant. 

The Old Wild West het pas sy swaaideure vasgeskroef en wag dat besoekers dit kom oopswaai en oor hul plankvloere stap  na die sygedeelte van die gebou, waar groot ronde houttolle as  tafels dien.

Hoewel jy sissende biefstuk op ‘n swart ystererts bord hier kan verwag, is Nicky en haar span ook uitstekende boerekos en Mexikaanse gereg kokke.

Nicky waarsku egter dat hierdie kosse vooraf bestel moet word.

Sy het reeds groot groepe daar onthaal wat haar boerekos op die proef gestel het en reeds weer bespreek het.

Nicky sê dat haar toltafels ideaal is vir gesellige fondue-aande. 

Skakel haar gerus vir ‘n gesellige Wilde Weste aandjie uit!

Wilde Weste se deure swaai oop

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant