Stableford-wenners

Stableford-wenners

Gansbaai Courant

Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Charlie Bent met 72 punte, en hy speel ‘n bruto van 72. 

Charlie wen ook die naaste aan pen op no 2 en 11, en teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 2.  Geluk Charlie - welgedaan! 

Tweede was Etienne Engelbrecht met 39, gevolg deur Johann Kruger 37, Johan Coetzee 37, Jan le Roux 37, Leon Lombard 37, Steve Muller 36, Bev Swart 35, George Hunt 34 en Gina Esterhuizen 34.

Solly Wessels was die naaste aan pen op no 8 en 17.

Spog Twee’s word aangeteken deur Etienne Engelbrecht 8, El Matthee 11, Jacques Nell 2, Steve Muller 2.

Vrydag se 9-putjie kompetisie is gewen deur Daniel van der Merwe met 21 punte en hy wen ook die naaste aan die pen op putjie no 17 en teken Spog Twee’s aan op no 15 en 17. Mooi gespeel, Daniël! 

Tweede was Andre Roos 19, Andre Coetzee 19, Senekal Dreyer 19, Jakkie Beukes 18 en Solly Wessels 18.

Saterdag se kompetisie was ‘n Gekombineerde Stableford en die wenners is Johan Coetzee en Daan Victor met 76, gevolg deur Malcolm Bury en Frikkie van Eeden 76, Jacques Nell en George Hunt 72, Bobby en Jannie Brandt 72, Daniël van der Merwe en Lieb Louw 70, Bev Swart en Steve Muller 66. 

 Naaste aan die penne was Steve Muller op no 2 en 11, Jan le Roux op no 8 en 17 en Le Roux Fourie op no 15.  Spog Twee’s word aangeteken deur Etienne Engelbrecht 17, Daniël van der Merwe 15, en Jakkie Beukes 2.

Saterdag is ‘n Enkel Stableford kompetisie.

Gansbaai Academia se Gholfdag is na 12 November 2016 uitgestel en die formaat is ‘n 4BBB Stableford.

Interklub

Saterdag speel die volgende spelers in die Interklub op Theewaterskloof teen Kleinmond, De Doorns en Theewaterskloof: Jacques Nell, Johan Coetzee, Charlie Bent, Johann Kruger, Paul Raad, Malcolm Bury, Gina Esterhuizen en Johan Pieterse. 

Die klubbestuur wens die span sterkte toe met ‘n: “Hou Gansbaai Gholfklub se naam hoog”.

Navrae oor die mees suidelike gholfklub in Suid-Afrika, kan gerig word aan Johan Coetzee 082-878-0534.

gbgholf@gmail.com

Stableford-wenners

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant