Blomparkers aanvaar self eienaarskap

Blomparkers aanvaar self eienaarskap

Gansbaai Courant

‘n Groep inwoners van Blompark het besluit die tyd het aangebreek dat Blomparkers hul eie besluite begin neem, eienaarskap van hul omstandighede neem en hande vat op die pad vorentoe, wat dan ook hul belangrikste doelwit te weerspieël.

Die inisieerders daarvan het ‘n openbare vergadering vir 13 Oktober 2016 in Blompark se Gemeenskapsaal belê, wat baie goed bygewoon is.

Mick Dunston het die doel van die vergadering met die toehoorders bespreek, waarna die Blompark Inwonersvereniging gestig is.

‘n Komitee vir die nuutgestigde vereniging is gekies, met die volgende onbestrede lede: Mick Dunston (voorsitter), Nolen Beukes (visie-voorsitter), George Brett (sekretaris) en Adelé Hart (tesourier). Addisionele lede is Clara Baardman, Gear Damon en Mara Moses.

Die besluit is geneem dat die komitee tydens hul eerste vergadering bepaalde doelwitte sal bespreek en daar sal stel.

 “Die feit dat die inwoners van Blompark tans geen verteenwoordiging op plaaslike bestuur het nie, wil hierdie komitee poog om in goeie orde met plaaslike owerhede tot almal se voordeel saam te werk,” het die nuutverkose voorsitter, Mick Dunston gesê. “Hierdie komitee sal dan ook namens sowat 700 huishoudings - ongeveer 3,000 inwoners - optree.”

Mick het ‘n vriendelike pleidooi om lojale samewerking tussen die onderskeie rolspelers gerig.

Blomparkers aanvaar self eienaarskap

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant