Overstrand kry nuwe mediese manne

Overstrand kry nuwe mediese manne

Gansbaai Courant

Gansbaai se Overstrand Medical Response (OMR) het die afgelope tyd personeelverwisseling ondergaan.

Michael Silvie (52) het kort vantevore na Gansbaai verhuis en is in die plek van Chantelle Colyn by OMR aangestel. Hy beskik oor deeglike ervaring op hierdie gebied, asook oor ervaring wat hy in die Kaapstadse Brandweerdienste opgedoen het. Hy is in besit van die belangrike kwalifikasie, Intermediate Life Support (ILS) sertifikaat.

Michael se ouers het voor sy geboorte in Switzerland gewerk, waar hy later gebore is. Nie lank ná sy geboorte het hulle na Suid-Afrika teruggekeer.

Henk Weyers (28) het gedurende April 2016 as ‘n vrywilliger by OMR aangesluit. Henk is oorspronklik van Bultfontein en daarna Bloemfontein in die Vrystaat.

Gedurende Maart vanjaar verhuis hy na Gansbaai waar hy kort daarna by die OMR-span aansluit.

As vrywilliger verdien Henk nie ‘n salaris nie, maar met die vaste ure en skofte wat hy werk, bou hy ure op vir sy volgende kursus wat hy moet deurloop.

In sy vrye tyd werk hy as een van die bestuurders by ‘n bekende restaurant, maar beplan om medical response sy toekoms te maak sodra hy oor genoegsame fondse vir die Intermediate Life Support (ILS) kursus beskik.

OMR van Cassie Carstens en Riaan Buys is op 1 Junie 2009 in Gansbaai gestig en is bekend vir hul vinnige en effektiewe mediese dienste in die omgewing.

Tans bestaan die span uit vyf permanente personeellede en een vrywilliger, met twee reaksievoertuie en twee ambulanse.

OMR se noodnommer is 078-699-6995, maar vir navrae en/of lidmaatskap van hul uitstekende sisteem, kan Riaan Buys of Cassie Carstens by 083-363-1881 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hulle by overstrandmedics@gmail.com.

Overstrand kry nuwe mediese manne

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant