VLV vrouens ontdek ‘township’

VLV vrouens ontdek ‘township’

Gansbaai Courant

‘n Vol program is tydens Gansbaai Vroue-Landbou-vereniging (VLV) se onlangse Openbare sake vergadering onder leiding van Marianna van Rensburg gevolg.

Die voorsitter, Rienie Lüdick het die verwelkoming hanteer, met spesiale verwysing na die eregaste, Glenda Kitley (Bestuurder: Gansbaai Toerisme), Ally Msweli (Masakhane Township Tours) en Corrie Fourie (visie-sirkelpresident van die VLV Overbergsirkel).

Glenda Kitley het die vrouens ingelig oor die vele aktiwiteite in die Gansbaai/Overberg-streek en die uitnodiging gerig dat vakansiebesoekers na Gansbaai Inligtingskantoor vir meer besonderhede verwys kan word.

Ally Msweli het op sy beurt vertel van “Masakhane Township Tours”, gepaardgaande met begeleide toere deur Masakhane en tradisionele etes wat aangebied word, asook staptoere langs die kus en deur die fynbos.

Corrie Fourie het nuus vanaf die VLV Overbergsirkel aan die anderkant van die Akkedisberg aan die vrouens oorgedra.

Sy het op interessante wyse van die sogenaamde “middelrûens” vertel en dat dit tussen die R316 en die N2 is. Dit is graanwêreld en sy het vier graansoorte saamgebring, waarvan sy meer vertel het:

Koring - blougroen van kleur met lang are wat vir meel en stampkoring gebruik word; Gars (Barley) - ligter groen van kleur as die koring met fyner are en langer baard, wat vir bierbrou en gort gebruik word; Hawer - dit waai in die wind met weinig are en word vir perdevoer en ontbytpap (oats) gebruik; Kanola - ‘n bosserige peulplant met heldergeel blommetjies op lande wat asemrowend mooi vertoon wanneer dit in blom is.

Dit word vir margarien en olie gebruik, met die saadjies wat ook vir beskuit gebruik kan word.

Gansbaai VLV Tak se jaarafsluiting het met ‘n gesellige: “Afternoon Tea” op Dinsdag, 1 November 2016 plaasgevind.

VLV vrouens ontdek ‘township’

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant