Kwas en naald spel kuns

 Kwas en naald spel kuns

Gansbaai Courant

Wanneer jy ‘n kunstige temperament met ‘n mediese veeg kruis, kry jy Adrie Nigrini – en daardie Nigrini moet Italiaans uitgespreek word – let wel - en sy sê dit tog al te mooi!

Adrie Nigrini is een van die nuwe entrepreneurs in ons dorp wat onlangs die salon “Beauty Spot” in Hoofstraat geopen het.

Adrie vertel dat sy net drie wekies oud was toe sy al vir die eerste keer hier in Gansbaai kom vakansie hou het saam met Oupa Okkie en Ouma Doll Burger van Robertson.

Goeie herinneringe.

Met die inisiatief van haar kunstige argitek lewensmaat Martin Prinsloo, het die naam en handelsmerk van ‘The Beauty Spot’ gestalte gekry.

Adrie is reeds bekend in Gansbaai vir haar tatoëer-kuns, maar min mense weet dat sy al jarelank paaie kruis tussen medies georiënteerde beroepe en kuns, vandaar haar beheptheid met higiëne.  Sy het selfs ‘n spesiale ultravioletligsteriliseerder en autoclaaf aangekoop waarin elke stukkie toerusting in haar salon kiemvry gemaak word.

Sy was vir 15 jaar lank ‘n tandartsstoelassistent en tandteatersuster. 

Haar passie om mense te help kom al van standerd een af toe sy begin het met noodhulpklasse.

Adrie het deeltyds begin studeer en terwyl sy ‘n apteekassistent in Durbanville was, het die kunsstreep wat sy van haar ouma-grootjie geëerf het, haar gelei van pottebakker tot pastel-kunstenaar.

Dié dat sy vandag ‘n vaste hand het wanneer sy sekuur haar kliënte se permanente grimering, wimperverlengings, akriel- en jelnaels aanwend en versier.

Sy het haar permanente grimering en mikrolemtegniek by die befaamde Yvonne Hughes van Somerset-Wes bemeester en pas hierdie kunstige wenkbroutegniek al vir meer as ‘n dekade toe.

Sowat tien jaar gelede was sy ook ‘n dosent vir die OPI internasionale reeks skoonheid- en naelprodukte.

By Adrie se salon word haar kliënt nie in ‘n tydgleuf ingedruk nie – tegniek, verweef met higiëne neem tyd – en dit is wat sy by The Beauty Spot aanbied: Kunstige, tydsame, ge-oefende tegniek.

 Kwas en naald spel kuns

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant