Manne met kennis van die see

Manne met kennis van die see

Gansbaai Courant

Aan die stuur van die nuwe Eigelaar Marine Store, is ‘n man met ‘n hart vir die see – Pieter du Toit.

Pieter ken die seebedryf.  As boorling van De Doorns het hy kompeterend aan Rots-en-Strand hengel deelgeneem en met Boland Kleure as junior en senior hengelaar na Presidentskleure gevorder.

Na skool het hy kommersieel lynvis gevang saam met welbekende Oom Pieter (Kalbas) du Toit.  Op die boot Runtu, van oorlede Oom Eben Wessels het hy die treilvisbedryf betree.  Hy het ook saam met Oom Eben se seun, Ian – van die welbekende boot “Wildegans” gewerk.

Aan die einde van 2000 is hy terug De Doorns toe om sy pa in sy supermark by te staan, maar die besigheid is verkoop nadat sy pa se gesondheid ernstig agteruit gegaan het.

Pieter het teruggekeer na waar sy hart lê en sy brood as lynvisser in Gansbaai kom verdien.

‘n Nuwe wêreld het vir hom oopgegaan toe hy in 2010 ‘n werksaanbod van Marine Dynamics ontvang het.  Hy was aanvanklik deel van die bootbemanning, maar het hom binne ‘n jaar opgewerk as skipper van die bote Slashfin en Dream Catcher.  Pieter is baie dankbaar vir dit wat Wilfred Chivell, direkteur van die Marine Dynamics groep, vir hom beteken het.

Met hierdie agtergrondkennis van die vissersbedryf, was Pieter dus die ideale persoon vir die Eigevis-groep wat vandeesmaand aan boord gekom het in Gansbaai met hul Eigelaar Marine Store.    Die groep is bekend oor die hele Weskus met winkels van die Kaap tot by Mosselbaai. 

Die goed gevestigde maatskappy besit ook ‘n paar hotelle en drankwinkels. Hulle doel is om goeie diens te lewer in Gansbaai.

Pieter word in die winkel bygestaan deur Gerald Visser, ‘n gebore Gansbaaier met ‘n stewige  agtergrondkennis van die see.

Manne met kennis van die see

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant