So moet jy maak, sê hy

So moet jy maak, sê hy

Gansbaai Courant

So ‘n paar jaar gelede het Jacques Viljoen (een van die jonger Hardebaarde, daardie tyd) sy mening gelug oor hoe hy sy hengeltegniek toepas.  Ons herhaal hiermee sy interessante sienswyse, woord vir woord:

“Ek glo aan die volgende:  Elke vis het sy tyd en plek, maar daar is altyd die uitsondering – vang die vis volgens die tyd van die jaar en die weer.  Die noordwester byvoorbeeld, maak die water warmer en veroorsaak dat die vis dieper byt.  Dit is egter dieselfde kabeljou wat vlak én dieper byt.  Normaalweg, tydens die somer se suidoosterwinde beweeg die vis na Frikkiesbaai, asook na Holbaai.  My geliefkoosde tyd vir Franskraal is gedurende Desember tot Maart.  Ek verkies ‘n 11/0-hoek vir die kabeljou en ‘n lynsterkte van 46kg.  Soms sal ek ‘n tjokka heel aansit, met die kopkant na die hoek se punt toe.  Normaalweg gebruik ek ook ‘n heel sardyn as aas en ‘n ligte sinkertjie, in geval van ‘n stroom.  ‘n Ander tegniek van my is om ‘n twakkie se ruggraat uit te sny en dan die kop en die twee sye saam as aas te gebruik.  ‘n Ligte lyn deug nie vir my nie.  Nog iets waaraan ek glo:  Soek die sandsloepe op – sonder om geraas te maak.  “Dik” water is uit.  Die kleur moet half deurskynend wees.  In die aand is vaalwater egter nie so kritiek nie.  My visstok gebruik ek om moeilike plekke te bereik.  Let ook maar op, wanneer die aasvissies ophou met byt is dit moontlik, omdat die ou groot bulle skielik opgedaag het.”

Sy kommentaar bly steeds baie interessant. Dankie weer eens, Jacques.  Almal wat hierdie man ken weet dat hy al heelwat van die groot bulle op sy kerfstok het, so neem maar kennis.

Hou die volgende ook in gedagte:  Sleepvis (die vis moet nie gesien word nie) sandvis (die vis word in die sand gebêre) en nou ja, galjoen – een en dieselfde ding!

Die amptelike vangseisoen is verby en as jy so ‘gelukkig’ is om te  deel in hierdie vangste, wees gewaarsku.  Die boete is allervreesliks.

Groete,
Seemeeu

So moet jy maak, sê hy

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant