Jongboere wen blinknuwe bakkies

Jongboere wen blinknuwe bakkies

Gansbaai Courant

Agri Wes-Kaap is met reg baie trots op twee produsente wat onlangs twee gesogte toekennings huis toe gebring het.

Jacques Beukes, Agri Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar vir 2016, is Donderdagaand 27 Oktober in Johannesburg as die Agri SA Toyota SA Nasionale Jongboer van die Jaar aangewys. Hiermee het hy ‘n splinternuwe Toyota-bakkie gewen. Jacques boer met tafeldruiwe op die plaas Modderdrift in De Doorns.

André Cloete, wat op Caledon met vee, graan en vrugte boer, is tydens dieselfde geleentheid as die Toyota SA New Harvest wenner aangewys, die kategorie vir die belowendste jongboer uit voorheen bena-deelde gemeenskappe. André het ook met ‘n splinternuwe Toyota-bakkie weggery.

Agri Wes-Kaap se president, mnr Cornie Swart, sê hierdie prestasies is 'n bewys van die kundigheid wat in die Wes-Kaap se landbousektor opgesluit lê. "Die totale Wes-Kaapse landbousektor is geweldig trots op André en Jacques. Ons het groot waardering vir die onmisbare bydrae wat hulle tot die sektor lewer en vir die waarde wat hulle tot die landbou toevoeg. Hulle het die toekennings uit en uit verdien," het hy gesê.

Jongboere wen blinknuwe bakkies

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant