Vroeër visnet ‘boet’ dui rustyd aan

Vroeër visnet ‘boet’ dui rustyd aan

Gansbaai Courant

Die finale optrek en  "boet" van visnette deur die Pelagiese vissersvloot, het vanjaar heelwat vroeër as ander jare plaasgevind.

Daar is vanjaar teen die einde van Oktober op ‘n vroeër datum besluit op grond van visskaarstes en gereelde gure weersomstandighede.

Die bedrywighede met die visnette in Gansbaai hawe lok gereeld heelwat belangstellendes - veral deur besoekers. Die “boet” van die visnette, wat vir die vang van anjovis en sardyn gebruik word, beteken bloot die herstel daarvan na ‘n jaar se gebruik.

Spesiale breipenne is vroeër jare, voordat daar met meganisering begin is, gebruik om die nette mee te brei of nette met groot "mase" (gate) te herstel.

Nou het ‘n rusperiode vir die vissermanne aangebreek waartydens terselfdertyd herstel- en verfwerk aan die bote gedoen word. Die visvangseisoen open weer gedurende die laaste week van Januarie 2017.

Ockie Viljoen en sy bemanning van Silwer Snapper het op Vrydag, 18 November 2016 die “boet” van hulle visnette gefinaliseer en was besig om dit op ‘n vragmotor te laai - ‘n enorme taak waar hyserkatrolle en mannekrag gebruik word.

“Ons is lekker vroeg vanjaar klaar en kan nou ons rustyd ingaan,” het Ockie gesê.

Vanjaar se Vissermans-Dankseggingsdiens vind Sondag, 11 Desember 2016 om 19:00 in Gansbaai hawe plaas en almal is welkom om dit by te woon. Die gebruiklike Vissersmans-Verootmoedigingsdiens sal Sondag, 15 Januarie 2017 ook om 19:00 in Gansbaai hawe gehou word. Navrae: Johan van Dyk by 083 537 7013. 

Vroeër visnet ‘boet’ dui rustyd aan

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant