Kerssangdiens betower

Kerssangdiens betower

Gansbaai Courant

Net soos die Hemelkoor, waarmee die NG-kerkkoor die Kerssangdiens  begin het - net so het hulle die toehoorders vir die res van hul optrede met luisterryke koorsang bedien.

Die jaarlikse Kerssangdiens, gereël deur die NG-kerkkoor onder leiding van Aletta Lochner (koorafrigter),  is Sondagaand, 27 November 2016 aangebied. Die program wat uit beurtsang tussen die koor en gemeentelede bestaan het, is  deur ds Dirk van Dyk afgewissel  met Skriflesing uit Lukas en Matteus. Hy het ook die verrigtinge gelei.

Enkele  koorliedere  onder   leiding van Aletta Lochner, begelei deur Annelene Reinke  was Dogter van Sion, Child in a manger, Kerslied en die betowerende Leisa reiselt der Schnee.

Om  die  verrigtinge  in ‘n besondere gewyde atmosfeer af te sluit, het die gades en kinders van koorlede met brandende kerse deur die kerk tot voor die kansel gestap.  Koorlede  het ook hulle  kerse en lampies aangesteek, terwyl die alombekende Kerslied Stille Nag, Heilige Nag gesing is. Na afloop van die verrigtinge is daar gesellig in die saal gekuier. Die Vrouediens het die smaaklike eetgoed voorsien. 

Kerssangdiens betower

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant