Groen Vingers is vol avontuur

Groen Vingers is vol avontuur

Gansbaai Courant

Kinderboek: Groen Vingers

Met topverkopertitels soos My ouma is ‘n rockster, Superheroes vlieg net saans en Wiskunde gee my maagpyn, agter sy naam, is dit g’n wonder nie dat Jaco Jacobs een van die gewildste, veelsydigste en mees bekroonde kinderboekskrywers in Afrikaans is.

Sy boeke vir jong lesers is propvol aweregse humor, gruwelike grilgoed en wilde avonture.  Jaco het reeds meer as 199 boeke die lig laat sien en bykans ‘n miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop.  Afgesien van kinderboeke, skryf hy ook rubrieke, tydskrif-artikels, ‘n kinderboekblog en hy het reeds meer as 200 boeke in Afrikaans vertaal.  Jaco het in die Karoo grootgeword, maar woon deesdae in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, hul dogtertjies, Mia en Emma en drie honde.

Groen Vingers is ‘n avontuurbelaaide storie vir beginnerlesers, propvol van Jaco Jacobs se kenmerkende skaterlag humor waarop kinders versot is.

Dit handel oor die avontuurlustige Sasha wat alte graag eksperimenteer. Haar oupa was immers ‘n wêreld-bekende wetenskaplike!

Toe sy op ‘n dag vreemde pitte ontdek, besluit sy om dit te plant.  Eers lyk dit of niks gaan gebeur nie… maar dan maak ‘n monsterplant sy verskyning in die Natuur-wetenskapklas!

Die talentvolle illustreerder, Odine Barendse het in 2013 ‘n graad in Inligtingsontwerp aan die Universiteit van Pretoria behaal.  Sy werk tans as grafiese ontwerper by ‘n Australiese media-produksiemaatskappy.

Groen Vingers is beskikbaar by toonaangewende boek-handelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers.  Kontak LAPA by 012 401 0700.

Groen Vingers is vol avontuur

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant