Gansbaai - die plek waar jy wíl wees

Gansbaai - die plek waar jy wíl wees

Gansbaai Courant

Gansbaai is sonder twyfel die regte plek om jou Desember-vakansie deur te bring.

Hier is tientalle besienswaardighede en bedrywighede in die omgewing en Gansbaai Courant moedig lesers aan om  die dorp se toeriste-inligtingskantoor hul eerste stilhouplek te maak.

Die goed ingeligte en vriendelike span onder leiding van Glenda Kitley, beskik oor ‘n volledige aktiwiteitskalender.

Haaibesigtigingstoere wat van Kleinbaai af bedryf word, het die dorp se grootste toeriste aantrek-likheid geword en lok avon-tuurlustiges van dwarsoor die wêreld.

Die eko-bootritte na Dyer-eiland staan bo-aan die lys vir diesulkes wat minder avontuurlustig is, maar tog ‘n see-uitstappie op hul “moetdoen-lysie” wil aftik.  Dit is ‘n uitstekende uitstappie vir die hele gesin en word tans tot einde Desember teen ‘n spesiale prys aangebied.

Vra gerus uit na die Platbos-staproete deur die mees suidelike woud van Afrika.

Stappers en veral fotograwe geniet ook die groot verskeidenheid fynbos by Flower Valley, net buite die dorp op die Grootbospad. 

Bespreek ‘n toergids na  Duiwelsgat by De Kelders en vra uit na die Melkhoutwoud-staproete by Franskraal.

Die varswater drupgrotte by De Kelders is in privaat besit, maar kan per afspraak besoek word.

Gansbaai se besonderse hawe hou heelwat verrassings en fotogeleenthede in.  Jy kan meer te wete kom oor die oorsprong van die dorp se naam, deur die monumentjie by die varswaterfontein te besoek. Die kleurvolle vistreilers is eie aan die dorp en vars vis kan in die hawegebied gekoop word.  Niks lekkerder as ‘n blinklyf oor die kole nie!

Die  toeristekantoor bly spesiaal langer oop tydens die vakansieseisoen.  Die tye verskyn links bo aan dié blad. 

Die span staan slaggereed om Gansbaai in die hart van die Overstrand aan besoekers bekend te stel.

Skakel hulle by tel 028 384 1439 tydens kantoor-ure of stuur ‘n e-pos aan

Glenda@gansbaaitourism.co.za of besoek die webtuiste by www.gansbaaiinfo.com

Die nommer na-ure is 072291 5564.

Gansbaai - die plek waar jy wíl wees

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant