Gansbaai-berg verwelkom ons gaste

Gansbaai-berg verwelkom ons gaste

Gansbaai Courant

Met die inry na Gansbaai dorp vanaf Stanford, kan die netjiese, nuutgeverfde naam van die dorp, met die reuse anker teen die hange van Gansbaai-berg, nie misgekyk word nie.

Die opknapping van die naam, wat met klippe uitgepak is, is deur Gansbaai Toerisme van stapel gestuur. Strandveld Voetslaanklub is genader en hulle het entoesiasties ingestem om die taak saam met toerismelede aan te pak.

Salmon en Melanie Herselman van The Colour Box het goedgunstiglik R2000 se verf geskenk en die tog berg-op is Woensdag, 7 Desember 2016 aangepak  - met verf, kwaste, snoeiskêre, handskoene en eet- en drinkgoed in die rugsakke. Dit het bloedsweet gekos in die warm son vir die ywerige weldoeners.

Vorige jare het Gansbaai munisipaliteit, Dyer Island Conservation Trust, Gansbaai Pistoolklub en ander helpers ook hierdie groot opknappingstaak aangepak.

Gansbaai Courant het by Flip Fourie, voorheen ‘n bekende senior personeellid van Gansbaai Marine en ook ‘n deeglike kenner van Gansbaai se geskiedenis, gaan aanklop vir meer inligting.

Flip vertel dat Hendrik Groenewald (77), ook bekend as “Pyts”, in 1957, die jaar waarin die Britse Leeus in Suid-Afrika getoer het, saam met Aalwyn Otto die idee gekry het om dieselfde as wat Gordonsbaai teen hulle berghang gedoen het, vir Gansbaai te doen.

‘n Kerngroepie is daarna op die been gebring naamlik Philip Thorpe en sy seuns, Willie en Johnie (Stanley was nog baie klein), Jan Vermeulen en Joey Groenewald. Later het die twee Otto broers, Thys en Jan (Perdebos) en ook Karel Groenewald (Snoekies) en Jan Groenewald (Honnibal) bygekom, met kinders wat hulle ook gehelp het.

Die groep is elke Sondagmiddag berg-op om aan die naam te werk.

Hendrik Groenewald het die “N” gedeelte op sy eie uitgepak.

Phillip Thorpe, wat oor goeie boukennis beskik het, het die randlyne van die naam en anker uitgelê.

Flip sê dat dit in ‘n notule van die destydse Dorpsraad in 1961 goedgekeur is dat twee pond (£2) aan Phillip Thorpe uitbetaal moet word vir die opknapping en verf van die naam teen die berghang.

Moontlik is daar bykomende inligting en/of name van inwoners wat destyds betrokke was, maar met Flip Fourie se inligting is dit duidelik dat die Gansbaai-naam en anker teen die berghang vanjaar bykans sestig jaar oud is.

Dit is steeds ‘n plesier om daarna te kyk en steeds ‘n mooi verwelkoming aan besoekers.   

Vir Gansbaaiers is dit ‘n “welkom tuis”-teken en die moeite en onkoste wat daarmee gepaard gaan om dit te onderhou, word hoog op prys gestel deur die dorp se inwoners.

Gansbaai-berg verwelkom ons gaste

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant